in

Sojaoes verstewig verder

Volgens die oesskattingskomitee se jongste verslag het die soja-oes verder verstewig om nou op 1,042 miljoen ton te staan te kom. Dit is die eerste keer dat Suid-Afrika meer as ‘n miljoen ton soja lewer. Die mielie-oes bly onveranderd:

Kommersiële mielies: Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is onveranderd gelaat op 9,755 miljoen ton, teenoor die vorige skatting. Die skatting van die oppervlakte onder mielies is onveranderd gelaat op 2,653 miljoen ha, terwyl die verwagte opbrengs 3,68 t/ha is.

Die oppervlak onder witmielies is 1,448 miljoen ha en vir geelmielies is die oppervlak 1,205 miljoen ha.

Die produksieskatting van witmielies is onveranderd gelaat op 4,650 miljoen ton. Die opbrengs van witmielies is 3,21 t/ha. In die geval van geelmielies is die produksieskatting onveranderd gelaat op 5,106 miljoen ton. Die opbrengs van geelmielies is 4,24 t/ha.

Sonneblomsaad: Die produksieskatting vir sonneblomsaad is opwaarts aangepas met 7,25% of 44 400 ton na 656 800 ton teenoor die vorige skatting. Die oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 576 000 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,14 t/ha is.

Sojabone: Die produksieskatting van sojabone is 1,042 miljoen ton wat 3,32% of 33 500 ton meer is as die vorige skatting van 1,008 miljoen ton. Die geskatte oppervlakte beplant met sojabone is 687 300 ha, met ‘n verwagte opbrengs van 1,52 t/ha.

Ander gewasse: Die verwagte grondbone-oes is afwaarts aangepas met 6 180 ton na 56 675 ton teenoor die vorige skatting van 62 855 ton. Vir grondbone is die oppervlakteskatting 58 000 ha, terwyl the verwagte opbrengs 0,98 t/ha is.

Die produksieskatting van sorghum is onveranderd gelaat op 114 700 ton, teenoor die vorige skatting. Die oppervlakteskatting vir sorghum is 70 500 ha, en die verwagte opbrengs is 1,63 t/ha.

In die geval van droëbone is die produksieskatting ook onveranderd gelaat op 73 390 ton teenoor die vorige skatting. Die oppervlakte beplant met droëbone is 64 000 ha, en die verwagte opbrengs is 1,15 t/ha.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Plaaswerkers kry swaar onder minimumloonverhoging

Inttrac Trading se Orsi verslind alles wat moet verdwyn