in

Só raak die droogte die vleisbedryf

Suid-Afrika voer steeds mielies uit, wat beteken dat veeboere nog erger ly as gevolg van die droogte. Die agteruitgang van die rand-dollar-wisselkoers het bygedra tot die hoër prys van ingevoerde mielies en die afwesigheid van ‘n graanreserwe maak gebruikers kwesbaar vir stygende pryse.

Verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPA), die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) en die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie (SAVPO)  het die regering se Portefeuljekomitee vir Landbou ingelig oor die uitwerking van die droogte op die vleisbedryf.

Andy Crocker, wat die besturende direkteur van Meadow Feeds is, sê Suid-Afrika sal ‘n rekord hoeveelheid wit- en geelmielies hierdie jaar moet invoer, ‘n geskatte 3,5 miljoen ton.

“Ons het dalk genoeg graan voorheen gehad, maar ons het nie meer nie.” sê Andy.

SAPA se hoofuitvoerende beampte, Kevin Lovell, het ‘n beroep op die regering gedoen om die uitvoer van mielies te beheer en te help met die opbou van ‘n strategiese graanreserwe vir ingeval daar weer so jaar soos vanjaar is.

“Suid-Afrika het vroeër min of meer ‘n gemiddeld van 1,6 miljoen ton mielies ingevoer,” voeg hy by.

Verder het SAPA ook ‘n beroep op die regering gedoen om te verhoed dat die invoertarief van mielies verhoog.
Hulle het ook die skepping van ‘n staatsfonds-versekeringskema vir saaiboere voorgestel om kostes en die risiko’s van boerdery te verminder.

Bron: Bizcommunity

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Vrystaat Landbou se Jongboer van die Jaar-finaliste 2016

Dom Boer se lag vir die dag: