in , ,

Só moet ‘n man mos baal! Met McHale en Jupidex aan jou kant

This post is also available in: Afrikaans

Geen taaier toets kan aan landbouwerktuie gestel word as Suid-Afrikaanse omstandighede nie. Boere hier is byvoorbeeld lekker avontuurlustig as dit by baalwerk kom en hulle verwag van hulle balers om by te hou – maak nie saak hoe moeilik die gewas is nie. McHale-balers is in Ierland vir die moeilikste omstandighede ontwikkel, ontwerp en getoets, en hulle raak al hoe gewilder by Suid-Afrikaanse, Europese en Nieu-Seelandse kontrakteurs omdat hulle so veelsydig en robuust is.

In ‘n onlangse steekproef is boere gevra wat die belangrikste eienskap is wat ’n baler na hulle mening behoort te hê, en letterlik elkeen het geantwoord: duursaamheid, gevolg deur werkvermoë (kapasiteit).

‘n Tegniese rede vir McHale se betroubaarheid is sy splitdryfasratkas. Die rollers in die baalkamer word deur die linkerkant van die ratkas aangedryf en die opteller en kerwer met die regterkant. Hierdie stelsel verseker optimale kragverspreiding omdat die oordragweë kort gehou word, wat duursaamheid bevorder.

Wat werkvermoë betref, het McHale ’n versinkte opteller wat materiaal 2,1 m wyd kan optel met 4 of 5 rye opteltande om te verseker dat hy van die moeilikste grondtoestande speletjies maak. Wanneer materiaal die spesiaal ontwerpte rotor bereik, sorg die dubbelspirale aan die rotor vir maksimum deurvoer.

Fusion 3 vir vervoerbare kuilvoer Saam met al die bekende staatmakerprodukte van Jupidex, kan Suid-Afrikaanse boere nou ook uitsien na die McHale Fusion 3 geïntegreerde balertoedraaier. Die masjien is ontwerp om baalwerk en toedraaiwerk in een gladde beweging uit te voer sonder om ritme te verloor. Met ‘n verstommende 50 tot 60 toegedraaide bale wat elke uur deur die Fusion 3 uitgerol kan word met een operateur in die trekker se kajuit, sal elke kontrakteur of boer wat ernstig wil baal, moeilik by dié tyd- en geldbesparende masjien verby kan loop.
Fusion 3 vir vervoerbare kuilvoer
Saam met al die bekende staatmakerprodukte van Jupidex, kan Suid-Afrikaanse boere nou ook uitsien na die McHale Fusion 3 geïntegreerde balertoedraaier. Die masjien is ontwerp om baalwerk en toedraaiwerk in een gladde beweging uit te voer sonder om ritme te verloor.
Met ‘n verstommende 50 tot 60 toegedraaide bale wat elke uur deur die Fusion 3 uitgerol kan word met een operateur in die trekker se kajuit, sal elke kontrakteur of boer wat ernstig wil baal, moeilik by dié tyd- en geldbesparende masjien verby kan loop.

Die spiraaluitleg voer die baler egalig en verminder ladingspieke wanneer die baler in swaar windrye werk, en verseker daarmee werkuitset en duursaamheid. ‘n McHale-baler het ‘n swaardiensbaalkamer met agttien rollers wat die baal immerdeur flink aan die rol hou, selfs al word droë hooi of strooi gebaal. Boonop word elke baler met ‘n strooistaaf voorsien as ‘n standaardhulpmiddel om baalrotasie van droë materiaal aan te help.

Die McHale se kerfmesse strek tot diep in die rotor se lyf om te verseker dat hulle altyd skoon en netjies sny, maar as ‘n groterige vreemde voorwerp die kerwerkamer binnedring, kan die messe terugvou om skade te verhoed. Elke mes word ook deur ‘n hidrouliese akkumulator beskerm, wat die baler se duursaamheid verhoog. Aan die Natalse noordkus baal McHale-balers suikerriettoppe met die grootste gemak. Hulle het ook al, teen alle verwagtinge in, die veselagtige oorblyfsel van suikerriet nadat suiker onttrek is, genaamd bagasse, vir Tongaat Hulett gebaal. Bagasse se vesels is baie kort en dit is byna ‘’n dikkerige poeier, maar McHale het dit perfek gebaal. Ander moeilike gewasse wat McHale sonder probleme baal, is sojaplante, sojastoppels, mieliereste en selfs stokroos. Vanweë hulle duursaamheid en veelsydigheid het McHale-balers vir hulleself oor ‘n hele paar jaar ’n baie goeie naam gevestig as balers wat voortreflik presteer in die taai Suid-Afrikaanse toestande. Geen wonder dat talle boere McHale as die koning van balers beskou nie.

‘n Deurbraak waaroor veeboere met reg opgewonde kan wees, is dat McHale ook klam materiaal kan baal sodat dit lugdig met plastiek toegedraai kan word om heerlike, voedsame kuilvoer met ‘n lang lewe te maak. Daarmee word voer bewaar met die minimum verlies van voedingswaarde. Om saam te vat: McHale se balerreeks tel materiaal flinker en skoner op, voer vinniger en egaliger, bied meer kerfopsies, vorm bale digter, netjieser en kompakter, hanteer makliker, maak die operateur se lewe makliker en is makliker om te onderhou – en ‘n McHale hou langer met minder staantyd.

Goeie nuus vir Suid-Afrikaanse boere is dat MacHale-balers nou ook deur die uitgebreide Jupidex-netwerk versprei en ondersteun word. Jupidex het die kontrak as amptelike invoerder op grond van sy uitgebreide netwerk voor ‘n hele aantal ander groot maatskappye weggeraap. Dit beteken ratse rugsteundiens en landwye beskikbaarheid van onderdele indien dit nodig sou wees.

Maak hooimaak maklik met McHale. Kontak André van Wyk by 083-379-7552, 033-386-3574 of andre.vanwyk@jupidex.co.za. Besoek ook www.jupidex.co.za om te kyk wie jou naaste Jupidexverteenwoordiger is.

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Valtrac se swaardiens-strydrosse knaag ‘n woud weg

Starke Ayres: Uitsoeksaad vir jou boerdery