in , ,

Skitterende deurbraak: Shredlage® maak kuilvoer nóg meer werd

This post is also available in: Afrikaans

Een van die waardevolste bates wat enige vee- of melkboer kan hê, is ’n goeie voorraad kuilvoer. Daar kom tye, soos droogtes, wanneer kuilvoer vir ’n boer meer werd is as goud, want sy honger diere kan nie goud eet nie.

Goeie nuus vir boere is dat CLAAS kuilvoer nou nog meer werd maak met spesiale nuwe tegnologie wat die voedings-waarde en verteerbaarheid van kuilvoer beduidend verbeter.

Hierdie welkome ontwikkeling spruit uit ’n alliansie tussen CLAAS, die vervaardigers van die wêreld se voorste selfloopkuilvoerkerwer, die Jaguar, en die Amerikaanse maatskappy, Shredlage®, wat die nuwe tegnologie ontwikkel het.

Nuwe Jaguar-kuilvoerker-wers kan nou met Shredlage®-verwerkers gekoop word, maar die tegnologie kan ook in bestaande kerwers aangebring word, sodat ’n Jaguar-eienaar darem nie ’n hele nuwe kerwer hoef aan te koop om die voordele van die nuwe tegnologie te geniet nie.

Roger Olsen en Ross Dale het ses jaar gelede die Shredlage®-tegnologie in Amerika uitgedink. Die proses verwerk die mieliepitte beter as voorheen, maar dit is nie al nie: Die mielie-stamme word in langer stukkies gekerf (26 tot 30 mm) met die stam in die lengte in stukkies pit en stamwand oopgeskeur.

Hierdie bewerking verbeter die verteerbaarheid en benutting van die plante se vesel, wat beteken dat minder hooi in voerrantsoene nodig is.

Shredlage® skakel die tipiese sponsagtigheid van gewoon gekerfde mielies uit, wat help dat die kuilvoer makliker en beter vastrap sodat die inkuilingsproses doeltreffender plaasvind om ’n beter gehalte kuilvoer te lewer. Shredlage® se mense maak daarop aanspraak dat hierdie tegnologie selfs dikwels die kuilvoerproduksietydvenster vergroot, maar as die materiaal te droog word, moet die snitlengte aangepas word.

Die lengtesnit stel die plant se binneste selle deegliker bloot aan die goeie mikrobes wat inkuiling bewerk, wat ook meehelp om kuilvoer van ’n beter gehalte te produseer.

Shredlage®-kuilvoer verbeter die grootpensgesondheid. Intensiewe studies deur die Universiteit van Wisconson Madison bewys dat dit diereproduksie drasties verbeter bo die reeds waardevolle voordele van tradisionele kuilvoer en dat dit tot meer melkproduksie per laktasie lei.

Die Shredlage®-verwer-ker is tans beskikbaar vir CLAAS Jaguar se 494, -496- (880) en 497-

modelle met ’n oplossing vir die ander modelle wat eersdaags beskikbaar sal wees.

Universiteitstudies toon dat dit vir die boer ekonomies voordelig is om hierdie nuwe tegnologie te benut.

Vir meer inligting om meer uit mieliekuilvoer te put, skakel 043-703-3100 en praat met Michael Howell (michael.howell@kagri.co.za) of Etienne van Wyk (etienne.vanwyk@kagri.co.za). Besoek ook www.claas.co.za.

claas
Universiteitstudies bewys dat CLAAS se Shredlage®- verwerker lonende tegnologie is omdat dit voedsamer, verteerbaarder, nuttiger kuilvoer lewer wat diereproduksie verbeter.

What do you think?

-1 points
Upvote Downvote

Total votes: 1

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 1

Downvotes percentage: 100.000000%

Dom Boer se lag vir die dag:

Nuwe Global-reeks – Massey op sy beste