in

Skep 'n saadbed vir 'n koning: LEMKEN maak berge gelyk

“Die werk het altyd soos ’n berg voor my gelê, maar met LEMKEN se hulp is grondvoorbereiding nie meer ’n beperkende faktor nie,” sê Hannes Joubert, groente- en sitrusboer van Kirkwood in die Oos-Kaap.

Oor voorbereiding vir sy uitgerekte planttyd op die 600 hektaar onder pitlose waatlemoene, spanspekke, botterskorsies, asook mielies en koring vir wisselbou, kan niemand vir Hannes iets vertel nie. Hy worstel al jare lank met kontrakteurs en werktuie wat tydrowend is, swaar op diesel en nie so doeltreffend soos wat hy dit graag sal wil hê nie.

Toe hy in ProAgri die artikels oor LEMKEN se toerusting lees, het dit vir hom na die oplossing gelyk. Karel Munnik van LEMKEN SA het vir hom brosjures oor die werktuie aangestuur en sonder dat hy enige werktuig in aksie gesien het, het hy in ’n Rubin, Karat en Diamant-ploeg belê. Hy is nie ’n oomblik spyt nie.

“Baie maatskappye het al verbeteringe op die basiese dis aangebring, maar hierdie is totaal nuwe tegnologie. Jy kan sien die ouens in Duitsland het gaan sit en dink en dit hulle taak in die lewe gemaak om toerusting te ontwikkel wat regtig goed werk,” sê Hannes.
Op Habata-boerdery naby Kirkwood spat selfs die spanspekke wanneer die Rubin sy pad deur oesreste werk..

Só pas LEMKEN in die boerdery
In die winter, terwyl die sitrus nog gepluk word, word daar reeds met grondvoorbereiding en plantwerk begin op die res van die Habata-boerdery se grond. Van daar af word daar elke week, tot in November, geplant om seker te maak daar is deurlopende voorsiening aan die mark.

Die Rubin word ingestoot om met sy skottel- en rolaksie korte mette van die onkruid en oesreste te maak. Die oesreste bestaan nie soos in ’n saaiboerdery net uit mielie- en koringreste nie, maar selfs waatlemoene, spanspekke en botterskorsies wat op die land agtergebly het.

Die ses meter breë Rubin gly glad en vinnig deur die reste en onkruid en werk dit vlak in die grond in. Wanneer die onkruid hergroei, vorm dit ’n egalige bed wat dan weer deur die Rubin gesny en ingewerk word voor dit kans kry om saad te skiet.

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Kverneland doen dit weer

Namponuus: Agri Afrika sorg vir vinnige presiese boerdery