in

Shiman – onthou die naam

Elke kweker-,tonnel-, nethuis- of besproeiingsboer sal met Shiman aan sy sy net méér sukses kan behaal. Dit is ’n jong, dinamiese maatskappy wat vroeër agter die skerms gewerk het en van agente gebruik gemaak het om sy goed nagevorste middels te versprei.

Met Yulandi Holtzhausen as besturende direkteur en haar ondersteunende span administratiewe en logistieke personeel aan die stuur van sake, het die maatskappy besluit om self met boere te begin praat en sake te doen. Nou is daar saam met die doeltreffende produkreeks ook ’n een-stop kundige ondersteuningsdiens wat deur drie voltydse tegniese verkoopspersoneel gedryf word.

Waardevolle inligting rondom Shiman se kunsmisreeks en landboumiddels asook wenke vir meer doeltreffende besproeiing en geïntegreerde plaagbeheer is op die Boeredag bespreek.

Jan Van Graan, tegniese bestuurder, MASA, het verduidelik dat doeltreffende onkruidbeheer begin met die korrekte identifikasie van die onkruid en ook met begrip van die voortplanting- en oorlewingsmeganismes van die onkruide. Hy het ’n oorsig oor MASA se mandjie van onkruiddoders, swamdoders en insekdoders gegee.

Shiman se Boeredag op 20 April, by hulle nuwe moderne logistieke- en vermengingsaanleg naby Midrand (Olifantsfontein), is deur 70 boere en ProAgri bygewoon. Die perseel is nie alleen indrukwekkend nie, maar voldoen aan “Responsible Care” vereistes. Shiman spog met CAIA lidmaatskap wat ’n jaar gelede verwerf is.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Wentyd-by-Senwes

Nuttige gebruike van koeksoda