in , ,

Shell se Topverspreiders beloon

“Op ‘n plaas moet dinge in die regte volgorde gedoen word, daar is ‘n tyd vir plant, ‘n tyd vir bemes en ‘n tyd vir oes en ‘n boer moet die nodige kundigheid hê om die dinge elke keer reg te doen, anders as met ‘n skooleksamen waar alles vinnig geleer en vergeet word.” Dit is een van die waardevolle lewenslesse wat John Paisley, bekende opleidingsmentor, aan Shell se Topverspreiders oorgedra het tydens hulle jaarlikse opleidings- en toekenningsgeleentheid.

39

John het die afgelope twee jaar gehelp om die verkoopspanne van die Topverspreiders (Branded Distributors) toe te rus met die nodige kennis en motivering om in die strawwe mededingende wêreld van brandstofverkope te presteer.  

Die Shell Graduation & Incentive Awards-funksie is by die Irene Country Club in Pretoria gehou. John het die geleentheid beskryf as die “Battle of the Brands” met verspreiders wat mekaar goed opgekeil het. In die Basiese gedeelte van die opleiding is twee nuwe verspreiders, naamlik Quest en Advent Oil beloon.

????????????????????????????????????
Quest
????????????????????????????????????
Advent

In die Gevorderde Opleiding het die volgende verspreiders toekennings ontvang: Express Petroleum, Sebokeng Fuel, Porta Verspreiders en Oilco.

????????????????????????????????????
Express
????????????????????????????????????
Sebokeng
????????????????????????????????????
Porta 
48 Advance Training Oilco
Oilco

Die drie bobaasbemarkers is ook aangewys met Stephanus Deysel (ook bekend as Vin Diesel!) van Sebokeng in die derde plek, Dave Olivier van Oilco in die tweede plek en Yvonne Fryer van P Trimborn in Kwazulu-Natal wat met die louere en ‘n vakansie ter waarde van R20 000 weggestap het.  

????????????????????????????????????

Yvonne Fryer – Salesperson of the year 2015

Die vermaak vir die spogaand is verskaf deur Elvis Blue.   

54                                                                         

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Kleuterskool verskaf water aan Vrystaat

Dom Boer se lag vir die dag: