in

Shell-olie is nou nog mooier en nog beter vir die boer

Die nuwe verpakking van Shell se Rimula-olie is by NAMPO “oopgerits” sê Hentie Spangenberg en Samantha Oatley.

Almal weet dit: om wins uit boerdery te wring, moet die boer staatmaak op moderne, verfynde masjinerie wat hard en doeltreffend kan werk. Vir voortreflike, langdurige werking in alle omstandighede is sulke masjiene afhanklik van die beste gehalte smeermiddels en diesel. Veral gedurende spitstyd in die saai- en oesseisoene, moet boere daarop kan reken dat die ratte en die wiele en elke enjin sal aanhou draai. Dit is waarom Shell Rimula-olie as smeermiddel vir boere aanbeveel om te verseker dat hulle masjinerie en toerusting die beste werk.

Van swaardiens-enjinolie tot spesialis fyndryf-smeermiddels, bied Shell ’n wye reeks gevorderde produkte en ondersteuningsdienste wat deur internasionale kundigheid gerugsteun word. Rimula se nuwe verpakking is by NAMPO bekend gestel.

“Die internasionale bemarkingspan van Shell het baie navorsing gedoen oor die beeld van die swaardiensdiesel-enjinolie-produkreeks en hulle het besluit dat dit tyd is om die verpakking op te kikker,” sê Samantha Oatley, bemarkingsbestuurder van die smeermiddel-afdeling by Shell SA.

Die reeks kry ’n hele nuwe voorkoms en gevoel met nuwe etikette en kleurvolle houers. “Op die nuwe etiket is daar meer plek en die produknaam is duideliker, sodat mense maklik die regte produk kan uitkies vir die doel waarvoor hulle dit benodig,” sê sy.

“Die Shell-handelsmerk is duideliker met ’n blink, silwer etiket. Die houers het ook ’n nuwe ikoon op sodat mense presies kan sien wat hulle kry,” voeg sy by. Die houers is kleurvol, en daar is slegs wit vir die spesifikasie-beskrywing.

“Vanaf die intreevlak-olies is daar ’n smeermiddel vir elke reeks, van ou- tot nuwetegnologie-masjiene: Daar is die Rimula R2, 3, 4, 5, en 6 en dan die Rimula R6 Ultra,” sê Samantha.

Die Shell Rimula-smeermiddels is ontwerp om masjinerie te beskerm en hulle leeftyd te verleng – dit is enjinolie wat net so hard soos die boer werk. Hentie Spangenberg, tegniese bestuurder van Shell SA, sê hulle olieprodukte word voortdurend verbeter deur nuwe tegnologie soos Dynamic Protection Plus, wat ’n unieke kombinasie is van Shell sintetiese basisolie, “PurePlus Technology and Adaptive Additive Technology”.

“Ons wil die boere help om geld te bespaar en met ons tegnologie is dit moontlik om die tydperke tussen dreinering of vervanging van olie te verleng. In plaas van om jou olie elke 15 000 km te vervang, kan jy dit byvoorbeeld elke 20 000 km (of 250 uur) doen. Gevallestudies en toetse het selfs bevestig dat Shell Rimula dreineringsintervalle na 40 000 km (of 500 uur) en tot 80 000 km of (1 000 uur) geneem kan word indien ordentlike monitering gedoen word soos om gebruik te maak van die Shell LubeAnalyst program. Jy kan verder ry of meer werk doen voor jy nodig het om die olie te vervang,” sê hy.

’n Paar redes om Rimula deel van jou trekker se dieet te maak:

Beskerming teen suur

Suur wat deur verbranding in die enjin vrygestel word, kan in die krukkas beland. Lae gehalte olie beskerm dikwels nie hierdie belangrike onderdele nie, wat tot wegvreting van sensitiewe opper-vlaktes kan lei en uiteindelik ’n enjin se lewe voortydig beëindig.

Shell se Rimula-olie bevat kragtige anti-oksidante wat chemies aanpas om suur te neutraliseer voor dit die olie kan afbreek en die enjin kan beskadig.

Beskerming teen neerslag

Enige vuiligheid in jou enjin, of dit van die suiers af kom of uit die krukkas, kan die enjin se doeltreffendheid belemmer en brandstofkoste opjaag. Shell se Rimula-dieselenjinolie bevat molekules wat aanpas om neerslagvormende deeltjies te keer en te verwyder om enjins skoon te hou.

Beskerming teen slytasie

Beskerming teen verwering is veral deurslaggewend belangrik by hoëdrukkontakpunte, soos in die silinder-suier-samestelling, nokas- en krukas-laers. Shell se Rimula-dieselenjinolie het aangepaste molekules wat ontwerp is om in hitte- en druktoestande ’n beskermende lagie te vorm om die enjindele teen slytasie te beskerm.

Om meer inligting oor die smeermiddels te kry, kontak jou naaste Shell-verspreider. Op www.southafrica.shell.com is daar ook nuttige inligting oor die olieprodukte wat vir jou trekker aanbeveel word.

Shell Rimula-olie sal voortaan só lyk. Nou kan ’n boer dadelik sien watter olie moet hy plaas toe vat.
Shell Rimula-olie sal voortaan só lyk. Nou kan ’n boer dadelik sien watter olie moet hy plaas toe vat.

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Nou nóg beter: Senter 360 kry nuwe wiele, sprinkelaars en beheerkaste

Shell vloei deur oom Piet Faure se are