in

Sesde produksieskatting vir somergewasse – 2016

Die sesde produksieskatting van die jaar is bekend gemaak en meeste van die skattings bly onveranderd. Boere word steeds deur die droogte geraak. Die sewende produksieskatting vir somergewasse vir 2016 en die voorlopige oppervlakteskatting van die wintergewasse vir 2016 sal weer op 27 Julie 2016 bekend gemaak word.

Kommersiële mielies

Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is onveranderd gelaat op 7,161 miljoen ton. Die skatting van die oppervlakte onder mielies is onveranderd gelaat op 1,947 miljoen ha, terwyl die verwagte gemiddelde opbrengs 3,68 t/ha is. Die produksieskatting van witmielies is onveranderd gelaat op 3,097 miljoen ton. Die opbrengs van witmielies is 3,05 t/ha. In die geval van geelmielies is die produksieskatting onveranderd gelaat op 4,064 miljoen ton. Die opbrengs van geelmielies is 4,36 t/ha.

Sonneblomsaad

Die produksieskatting vir sonneblomsaad is ook onveranderd gelaat op 742 750 ton. Die oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 718 500 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,03 t/ha is.

Sojabone

Die produksieskatting van sojabone is onveranderd gelaat op 728 650 ton. Die geskatte oppervlakte beplant met sojabone is 502 800 ha, met ‘n verwagte opbrengs van 1,45 t/ha.

Grondbone

Die verwagte grondbone-oes is onveranderd gelaat op 31 600 ton. Vir grondbone is die oppervlakteskatting 22 600 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,40 t/ha is.

Sorghum

Die produksieskatting van sorghum is onveranderd gelaat op 88 500 ton, terwyl die oppervlakteskatting vir sorghum 48 500 ha is en die verwagte opbrengs 1,82 t/ha.

Droëbone

In die geval van droëbone is die produksieskatting ook onveranderd gelaat op 38 095 ton, met ‘n oppervlakte skatting van 34 400 ha, en ‘n verwagte opbrengs van 1,11 t/ha.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Dom Boer se lag vir die dag:

Brexit: SA boere is bekommerd oor uitvoere