in

Senter 360 se wateraangedrewe spilpunt reik na die hemel

Fnuik kabeldiewe en krimp jou kragrekening

Boere gaan juig oor die rewolusionêre hemelbesem wateraangedrewe spilpunt waarmee Senter 360 vanjaar hulle mondigwording vier. Die wateraangedrewe spilpunt is al ‘n ruk

op die mark, maar Senter 360 se vernuftige ingenieurs het kans gesien om die wette van swaartekrag te trotseer om vir boere met hoër gewasse ‘n pasmaakspuit te ontwerp. Al is Senter 360 nou jarig, is daar met hulle jeugdige vermoë om planne te maak en toepaslik te bly niks fout nie. Hierdie Suid-Afrikaanse maatskappy is met baie selfvertroue besig om markte noord van ons grense te betree, maar hulle kom steeds hulle verantwoordelikhede jeens ons plaaslike boere getrou na.

As bewys van hulle verbintenis om Suid-Afrikaanse boere se eie behoeftes te vervul, het Senter 360 verlede jaar hulle eerste hoëprofiel-enkeltoring-wateraangedrewe spilpunt vir suikerriet bekendgestel, wat aan Dave Bell, wat in die Empangeni-gebied boer, verkoop is.

Verby is die dae wat ’n boer peperduur en weerlose kragkabels tot by sy afgeleë suikerriet-spilpunte moet aanlê, want hierdie spuit gebruik die pomp se water en druk om homself aan te dryf terwyl hy seepglad oor die suikerriet glip.

Verlede jaar het Dave vir sy pa, Sandy, ‘n Senter 360-spilpunt met sewe torings wat 52 ha suikerriet moet benat, gekoop. Sandy boer op ’n gelyk vlakte langs die Umhlatuzi-rivier, wat ’n besproeiingsparadys is, en die spilpunt loop soos ‘n droom.

Dave Bell is hoogs tevrede met die spilpunte wat nou sorg dat hy 40 ton per ha suikerriet meer per seisoen kan oes.
Dave Bell is hoogs tevrede met die spilpunte wat nou sorg dat hy ton per ha suikerriet meer per seisoen kan oes.

Dave se eie plaas is egter ’n ander storie en hy moes ’n konsultant se hulp inroep om vir hom ’n gepaste spilpunt vir sy heuwelagtige landerye voor te stel. Die konsultant het bevind dat ’n Senter 360 beslis sy man teen die steiltes van 12 tot 15% sal staan. Dave het dadelik vir sy 22 ha en 18 ha suikerrietlande op sy plaas naby Felixton elk ‘n Senter 360 gekoop. Hy het ook die hoëprofiel-enkeltoring wateraangedrewe spilpunt vir ’n suikerrietland van 4 ha gekoop. “Ek is baie verlig dat my spilpunte nou met gemak die vogverlies uit ons grond kan vervang. In uiterste droogtes kan ek tot 200 mm per maand verloor,” sê Dave. “Ek dien met elke omwenteling elke drieen-’n-halwe dag tussen 20 en 22mm water op my suikerriet toe.”

Met hierdie resep het Dave vanjaar 40 ton meer suikerriet per hektaar geoes!

Soos enige goeie boer, toets Dave sy spilpunte se prestasie met ’n reënmeter, maar dit is heeltemal oorbodig, want ’n Senter 360 dien presies soveel water toe as wat hy belowe.

 

Quintin van Onselen is Dave Bell se gelukkige plaasbestuurder wat nou met min moeite kan sorg dat die suikerriet deeglik benat word. Die beheerkas wat in die stewige blokhuis gebou is, is maklik om te verstaan en te gebruik.
Quintin van Onselen is Dave Bell se gelukkige plaasbestuurder wat nou met min moeite kan sorg dat die suikerriet deeglik benat word. Die beheerkas wat in die stewige
blokhuis gebou is, is maklik om te verstaan en te gebruik.

Dave het onlangs vir twee dae ’n suidelike stormwind van 120 km/h beleef, maar daar was geen probleme nie. Selfs die hoëprofiel-spilpunt se raam is stewig genoeg en hy het rotsvas sy man gestaan teen die steiltes en die wind.

Die elektriese kabels aan die Senter 360-spilpunt is van aluminium, wat baie ongewilder as koper onder kabelstropers is. Om sy stelsel verder te beskerm het Dave, soos ’n ware Engelsman, letterlik ’n blokhuis met ’n sementdak by die senterpunt van elkespilpunt gebou om die kontrolepaneel teen diefstal te beveilig. Hy het ook die elektriese toevoerkabel baie diep begrawe.

Aan die anderkant van die rivier waaruit Dave sy besproeiingswater kry, het hy 50 hektaar waarop hy steeds sleeppype gebruik. Vyf voltydse arbeiders is daarvoor nodig. Vir sy spilpunte het hy nou net ’n kort rukkie van sy bestuurder se tyd nodig om al die spilpunte te beheer.

“Die kragbesparing wat my spilpunte meebring, beïndruk my ook baie. Vir die sleeppype moet ek deurlopend 3,5 bar druk handhaaf, terwyl die spilpunte slegs 2,5 bar benodig,” sê hy.

’n Senter 360 se bande kry nie maklik lekke nie en sit ook nie maklik vas nie, want dit is spesiale spilpuntbande. Dit sorg dat Dave kan besproei wanneer dit nodig is en nie knaend hoef te sukkel nie.

Vir meer inligting, skakel Senter 360 by 018-469-1331 of stuur vir hulle ’n e-pos na info@senter360.co.za

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Bar-One blokkies

AFGRI help boere