in

Senter 360 is anders as gewone spilpunte

’n Breë, tevrede glimlag is die eerste kenmerk van ’n besproeiingsboer wat ’n Senter 360-spilpunt besit. Dis ook geen wonder nie, want waar anders kry jy soveel gehalte, doeltreffendheid en betroubaarheid teen so ’n bekostigbare prys?

Grond, arbeid, werktuie, saad, kunsmis en brandstof is duur en geen boer kan vandag bekostig om met insetkoste te dobbel in die vae hoop dat hy ’n lonende opbrengs sal behaal nie. Besproeiing vergroot die boer se sekerheid van ’n oes en ’n Senter 360-spilpunt bied die boer die besproeiing waarop hy kan reken, want Senter 360 is anders as gewone spilpunte.

Toe die eerste Senter 360 twintig jaar gelede die lig gesien het, was die doel nie net om boere van voortreflike spilpunte te voorsien nie, maar van ’n volledige diens, vanaf uitvoerbaarheidstudies tot opmeting, stelselontwerp, installering en voortgesette diens en opgradering.
Senter 360
Senter se mense se ervaring, kundigheid, gesindheid, begrip vir die boer en toewyding tot die roeping om immer beter oplossings vir die boer te vind, maak Senter 360 anders. Die maatskappy se deurlopende soeke na beter oplossings vir die boer, maak Senter spilpunte ook anders as gewone spilpunte:
• Senter 360 se vakwerkysters is van pyp, wat vir dieselfde sterkte ligter as die algemeen gebruikte hoekyster is. Dit beteken dat daar meer stelle vakwerkysters aangebring kan word vir ’n ontsettend sterk struktuur wat sterk stormwinde lag-lag weerstaan.
• Langer basisbalke, toringstutte, stabiliseringstawe en diagonale verbeter die Senter 360 se stabiliteit nog verder.
• Dis maklik om die Senter 360 te beheer met sy logiese basiese beheerpaneel. Jy sê hoeveel millimeter water hy moet plaas en daar is geen ingewikkelde berekeninge nie. Die beheerpaneel kan teen ’n geringe koste modulêr deur verskeie outomatiseringsvlakke opgegradeer word tot ’n hoogs gevorderde, afstandbeheerde stelsel.
• ’n Algemene probleem by gewone spilpunte is dat die laaste spuit maklik verstop raak. Senter 360 se eenvoudige, maar doeltreffende, gepatenteerde oplossing skakel die probleem heeltemal uit.
• Senter 360 se swaardiensmotorratkaseenhede is gebou om te hou, selfs in die strafste toestande. Wielratkaste se olieseëls is behoorlik teen vogindringing en grond beskerm en die rubberinsetsels in die dryfaskoppelstukke sorg vir sagter wegspring en stop, wat ratkaste se leeftyd verleng.
• Senter 360 se vernuftige balensokskarniere tussen seksies verseker beweeglikheid sonder onnodige las op strukture.
• Waar gewone spilpunte met trekkerbande verskaf word, het elke Senter van die begin af spesiale besproeiingsbande, wat bo-oor nat, modderige grond beweeg in plaas daarvan om dit uit te stoot om al hoe dieper wielspore uit te trap. As jy steeds wielspoorprobleme ondervind, is dit maklik om Senter 360 se Voorbreker aan elke wielstel te monteer. Jou trekker en planter sal ook bly wees om nie meer deur spilpuntwielspore te stamp nie.
• Senter 360 se mense verstaan Suid-Afrika se boere se probleme. Daarom het ’n Senter spilpunt van die begin af aluminiumkabels omdat dit geen skrootwaarde het nie en dus nie soos koperkabels gesteel word nie.
• Senter 360 gebruik net I-Wob-spuitstukke omdat dit die perfekte druppelgrootte lewer om windwegdrywing en verdampingsverliese te beperk en terselfdertyd egalig te benat en indringing sonder afloop verbeter.

Nog meer
• Jy kan nog meer waarde uit jou spilpunt put met Senter 360 se reeks bekostigbare, akkurate, betroubare diafragma-tipe kunsmisinspuitpompe, waarmee kunsmis baie presies in die besproeiingswater toegedien kan word.
• Senter 360 verskaf ook akkurate grondvogmeettoerusting waarmee die boer kan verseker dat presies die regte hoeveelheid water toegedien kan word sonder om ’n druppel te vermors.

Maar miskien is die belangrikste aspek van Senter 360 dat jy ’n span toegewyde kundiges kry wat boerdery en besproeiing verstaan en begrip het vir jou boerdery; immer gereed om vir jou beter oplossings te vind om te sorg dat die glimlag op jou gesig al hoe breër word.

As jy ook ’n Senter 360-glimlag wil hê, maak nie saak waar in Afrika jy boer nie, praat met Theuns Dreyer by 082-564-5955 of 018-469-1331 of theuns.dreyer@senter360.co.za. Besoek ook www.senter360.co.za vir nog meer inligting oor die bekostigbare spilpunt in ’n klas van sy eie.

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

'n Niks~nonsies sonneblomtafel is 'n oes in die sak

Ontmoet die nuwe veelsydige 6170M