in

Scania ry die lekkerste

This post is also available in: Afrikaans

“Alles wat inkom of uitgaan op die plaas, word met ’n Scania in- of uitgery,” vertel Sebastiaan Steyn van Goliatskraal naby Kroonstad. Scania-trokke word vir al die plaas se massavragte gebruik en ook vir Sebastiaan se vervoer-onderneming.

Die R500-trokke sleep ’n verskeidenheid waens en bakke; daar is wild- en veebakke, kantelwaens vir kalk aanry, massakante vir graan en plat-bakke waarop toerusting, wildkratte en selfs tenks vir vloeibare kunsmis gelaai kan word. Die hoofvertakking van die vervoeronderneming is egter die aanry van beeste en wild na kopers so ver as Namibië en Oos-Londen.

Sebastiaan is die sesde geslag op die familieplaas en hoewel die Steyns se voetspoor al wyd uitgebrei het, bly hy trots op sy erfenis. Hy sê Goliatskraal het hulle gebring waar hulle vandag is en daarom pryk die naam, Goliatskraal, trots op elkeen van die vragmotors.

Sebastiaan sê hy is al van kleintyd af “lorriemal” en hy het nog nooit ’n kans laat verbygaan om te voel hoe ry ’n trok nie.

“Ek het al alles probeer en ook verskeie soort vragmotors vir die onderneming aangekoop, maar toe ek die eerste keer in ’n Scania geklim het, het ek gevoel dit is anders; die trok ry sag,” sê hy.

Veral vir beeste en wild is dit baie belangrik, want ’n gerieflike rit wat nie stamperig is nie, beteken dat die wild rustiger hervestig kan word en dat die beeste gesond en heel anderkant uitkom.

Die sagte rit het gemaak dat Sebastiaan ernstig na Scania begin kyk het, maar dit is nie al rede nie:

Betroubaarheid

Elke meganiese ding kan breek, maar die Sweedse maatskappy het oor die afgelope 125 jaar ’n reputasie van gehalte en betroubaarheid opgebou.

Sebastiaan sê sy oudste twee Scania-trokke het elk meer as ’n miljoen kilometer op die klok gehad voordat hy uiteindelik besluit het dit is tyd vir vernuwing. “My beestrokke ry elk gemiddeld so 25 000 km per maand en jy kan nie bekostig dat diere langs die pad staan en wag op herstelwerk nie. Die Scanias is regtig betroubaar.”

Gerief

Die feit dat die trokke sag ry, maak dit nie net makliker vir die diere nie, maar ook vir die bestuurders. Hulle kan groter afstande aflê en veiliger bestuur as hulle gerieflik is.

Veral wanneer diere vervoer word, moet daar regdeur gery word en twee bestuurders ry saam sodat hulle beurte kan maak om te bestuur of te slaap. Slaaptyd in die geraasvrye kajuit is ’n plesier met ’n gerieflike bed agter die sitplekke. Daar is nog ’n bed wat kan afslaan sodat twee mense kan oorslaap indien dit nodig sou wees.

Goeie diens

Met die aankoop van ’n Scania vir jou onderneming word jy deel van die Scania-familie. Scania se diensnetwerk en padbystand deur die hele Suidelike Afrika sorg dat Sebastiaan-hulle met gemoedsrus die pad deur Namibië, of enige ander pad in die land, kan aandurf.

Scania het ook ’n diensplan wat per maand betaal kan word. Dit word per kilometer bereken en val dus netjies in as deel van die bedryfskostebegroting.

Sebastiaan sê hulle handelaar in Bloemfontein se mense gaan uit hulle pad uit om hom by te staan. As gevolg van die droogte wou hy nie graag nou ’n verpligting aangegaan het om nuwe trokke aan te koop nie, maar die goeie inruilwaarde wat hy vir sy ou trokke gekry het, het dit die moeite werd gemaak.

Brandstofverbruik

Die dieselprys is geen grap nie, maar Sebastiaan is tevrede met sy verbruik. Hy sê selfs met gereelde ritte deur die Oos-Kaap se berge en op slegte plaaspaaie waar diere gelaai moet word, handhaaf die Scanias ’n goeie gemiddeld van 3,2 kilometer per liter.

En les bes….

“Dis vir my ’n bleddie mooi lorrie, die mooiste lorries op die pad!” sê Sebastiaan.

Skakel Scania by 011-661-9600, of besoek www.scania.co.za om uit te vind waar jou naaste handelaar is. Bloemfonteiners kan met Wynand van den Berg by 051-433-1218 praat.

Sebastiaan Steyn sê Scania is nie net die mooiste trok op die pad nie, hy ry ook die lekkerste!
Sebastiaan Steyn sê Scania is nie net die mooiste trok op die pad nie, hy ry ook die lekkerste!

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

John Deere 15FX is gemaak vir SA: Plant wyd, vinnig en akkuraat

In die land of op die pad – veelsydige Valtra bly heel voor