in ,

Scania is altyd betyds

Lukas Mooketsi, trokbestuurder; Johan Roos, Scania-verkoopsman, Bloemfontein; Petrus Motsabi, trokbestuurder, en Johan Greyling, boer, voor twee van Aqua-boerdery se Scania-trokke wat alte gewillig met die plaas se produkte stad toe draf sodat die volk aan die eet kan bly.

This post is also available in: Afrikaans

Gouspeel is die wagwoord wanneer jy ‘n sukses van groenteboerdery wil maak. Wanneer jou groenteplaas raak-raak aan die grens van die bloedhete Kalahari, kan jy nie bekostig om tyd te mors as die oes uit die grond uit is nie. Dit het Johan Greyling van Aqua-boerdery, buite Christiana, deeglik besef toe hy besluit het om verantwoordelikheid oor sy
eie vervoer te neem.

Behalwe dat dit onafhanklikheid en doeltreffendheid verseker het en uitsonderlike waarde
tot sy onderneming bygevoeg het, het hy ook toegang tot ander handelsgeleenthede en kontrakte verkry wat nie andersins moontlik sou wees nie. Daarom het hy sewe jaar gelede die belangrike besluit geneem om sy eie vragmotors aan te skaf. Na ’n paar toetslopies met verskillende handelsmerke, het hy en sy vragmotorbestuurders
sonder huiwering op ’n Scania besluit. “Vandag het ons al ons sewende Scania en ons kyk nie een oomblik terug nie,” sê Johan. Hulle het in 2008 hulle eerste Scania gekoop. So tevrede was hulle met hierdie skittervragmotor dat hulle
nog twee aangeskaf het. Na 600 000 km verval die trok se waarborg en dan gee Scania vir hulle ’n voorafbepaalde
inruilwaarde wat hulle nie kan weerstaan nie.

“Met Scania weet ek wat al my kapitaaluitgawes en lopende uitgawes is. Hulle het vir ons ’n baie goeie diensplan geskep. Die trok se koste en kilometer wat gery word is vas en dit is slegs die rondspringende brandstofkoste waaroor ek nie beheer het nie,” sê hy. Aqua-boerdery se Scanias werk vyf tot ses dae per week, regdeur die jaar en lê tussen 16 000 en 18 000 km per maand af. Na die dag se oes word die trokke gewoonlik vyfuur die middag gelaai sodat hulle drie-uur die volgende oggend in die Rand kan aflaai. Wanneer daar tekorte in die winkels is, kan dit maklik gebeur dat Aqua-boerdery se groente binne 24 uuruit die grond op die winkelrak kan wees!

“Toe ons die trokke destyds gekoop het, was die pad tussen die dorp en die plaas nie so sleg nie, maar vandag is dit ‘n ander saak. Die nuwerwetse Scanias skrik egter nie vir die ruwe terrein nie en dit is duidelik dat die Sweedse vakmanskap van die trokke deeglik opgewasse vir Afrika is. Vir die werklike moeilike gevalle het ’n Scania ook ’n kruipfunksie en vastrapbeheer om ruwe toestande blitsig baas te raak. Maar die beste, wonderlikste voertuig help niks as daar nie naverkopediens is nie. Scania se toegewyde naverkopediens onderskei hom van die res en hulle padbystanddiens stap lag-lag met die louere weg. “Ons het een keer ’n probleem met ’n trok gehad en Scania het sonder om te skroom, op hulle onkoste, ’n ander trok vir ons gaan huur om in te val,” sê Rudi White, Aqua se pakhuisbestuurder. “Een van ons trokke se aanjaers het ook eendag op pad Bloemfontein toe onklaar geraak en die ouens het dadelik met die regte onderdeel in hulle diensvoertuig gespring en die aanjaer net daar langs die pad vervang. Die trok was nog betyds gewees vir sy aflaaivenster,” sê hy. “Wat so lekker is, is dat die dienspersoneel ons kortkort op hoogte hou van wat verkeerd geloop het en hoe hulle met die regmaaktaak vorder.”

Hulle naaste dienssentrum is in Kimberley, wat so 110 km van die plaas af is. “Vandat ek hier is, versien ons ons trokke net by Anton Williams van Scania Kimberley. Hierdie ouens verstaan hoe logistiek werk. Ek stuur my trokke Maandagoggend vroeg in en wanneer my oes gereed staan, is die trok terug om te laai. Selfs met die groot versienings op 120 000 km het die trokke nog nooit ’n vrag gemis nie, sê Rudi. Een van die drie Scanias het ook
’n swart boks in wat een keer per week ’n verslag na Rudi stuur oor die dieselverbruik en of die trok se remme, enjinomwentelinge en snelheid gerespekteer is. Maar Scania tree voorkomend op en Aqua-boerdery se bestuurders is baie tevrede met die gratis trokbestuurskursusse wat Scania vir hulle in Alrode gebied het.
“Ek as ’n boer hanteer baie probleme met baie maatskappye en wat ons van Scania vind, is dat daar nie eensydig na ’n probleem gekyk nie. Scania probeer altyd maniere vind waarop hulle jou tegemoet kan kom – en dit kweek baie lojaliteit,” sê Johan.

Rudi White, pakhuisbestuurder en Johan Greyling, boer, by die vragte en vragte aartappels wat daagliks deur hulle Scanias regoor die land afgelewer moet word.
Rudi White, pakhuisbestuurder en Johan Greyling, boer, by die vragte en vragte aartappels wat daagliks
deur hulle Scanias regoor die land afgelewer moet word.

Vir meer inligting oor die skitterende Scania-oplossing, skakel Christopher Magson by 072-122-
5705, 051-433-1218 of stuur vir hom ‘n e-pos na christopher.magson@scania.co.za

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Kennis is wins: Boere stroom na Alzu se Kuilvoer- en Hooidag

Die Wes-Kaap benodig R88-miljoen vir droogtehulp aan boere