in

Sakesektor moet opstaan vir die land

Fanie Brink

Deur Fanie Brink, onafhanklike landbou-ekonoom

Die sakesektor sal moet opstaan in belang van ekonomiese groei en groter welvaart vir die land en sy mense, sê Fanie Brink, onafhanklike landbou-ekonoom.

Die reaksie volg op die voormalige minister van Finansies, Pravin Gordhan, se sterk pleidooi die afgelope week tydens Standard Bank se jaarlikse konferensie oor landbousake in Afrika, dat sakeleiers hulle by die “CEO Initiative” moet aansluit,

Fanie sê Gordhan het egter ‘n paar groot foute in sy pleidooi gemaak omdat die regering geen verligting vir kommersiële boere gegee het wat verlede jaar baie ernstig deur die droogte geraak was nie. Die meeste van die hulp wat aan die opkomende boere toegestaan was, het ook eenvoudig net verdwyn. Daarom is die voormalige minister baie arrogant om te verwag dat die landbou met die regering moet saamwerk in “nasionale belang” Hy sê dit gaan net daaroor om die ANC aan bewind te probeer hou en is nie in belang van die mense in die land nie.

Fanie sê: “Hy is totaal belaglik om te dink dat daar ‘robuuste beleidsraamwerke’ is soos Operasie Phakisa wat groei en transformasie van die landbousektor bevorder, asook die regering se negepuntplan vir ekonomiese groei, wat reeds aansienlike potensiaal vir inklusiewe groei getoon het.

“Gordhan het verder gesê dat die “sakesektor moet wys dat hy ’n maatskaplike vennoot in die Suid-Afrikaanse ekonomie en samelewing is,” terwyl die belasting wat die sakesektor en die indiwiduele belastingbetalers betaal, vermors en gesteel word. Die sakesektor, wat die georganiseerde landbou insluit, lewer reeds ‘n groot bydrae om sosio-ekonomiese ontwikkeling te bevorder, terwyl dit in werklikheid die verantwoordelikheid van die regering is.

“Die stelling wat Gordhan gemaak het dat “geen van die hulp aan die landbou volhoubaar is sonder die belegging in nuwe tegnologie nie,” is dieselfde onkunde as in die res van Afrika dat net dit alleen en nie die winsgewendheid van die landbou belangrik is nie, wat in die eerste plek deur die verhouding tussen die pryse wat boere vir insette betaal en wat hulle vir hulle produkte ontvang bepaal word.

“Hierdie regering sal nooit verstaan dat voedselsekuriteit net volhoubaar kan wees as die produksie van voedsel winsgewend is nie.

“Dieselfde geld vir al die ander bedrywe in die verskillende sektore van die ekonomie wat die enigste manier is hoe ekonomiese groei geskep kan word, soos wat jare lank dwarsdeur die wêreld bewys is. Die tyd het aangebreek dat die sakesektor ‘n slag sy rug reguit moet maak en opstaan deur vir hierdie regering te sê dat hy baie eerder met die sakesektor moet saamwerk en ophou om die ekonomie en die land te vernietig. Hierdie regering moet ook duidelik verstaan dat hy nie naastenby oor die kundigheid en vermoë beskik om die land te regeer of om ekonomiese groei te skep nie en daarom moet sy sosialistiese en kommunistiese beleid totaal verwerp word.

“Hoekom wil die georganiseerde sakesektor nog langer ruggraatloos bly en nie kans sien om by die vermorsing van belastingbetalers se geld deur ongemagtigde uitgawes en korrupsie in belang van al die mense in die land, in te gryp nie?”

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

ProAgri

ProAgri 209 – Julie 2017

bonnox

Doeltreffende heinings wat hou: BONNOX verskaf net wat jy nodig het, blitsvinnig