in

SA Suiwelproduk van die Jaar virtueel toegeken

This post is also available in: Afrikaans

Lactalis SA se Président Extra Mature Cheddar is tydens vanjaar se Agri-Expo Qualité-toekennings op Donderdag 26 Maart 2020 as die Suid-Afrikaanse Suiwelproduk van die Jaar gekroon.

Dié jaarlikse toekenningsgeleentheid van die SA Suiwelkampioenskappe, die grootste suiwelkompetisie in Afrika, is vanjaar in sy 187ste bestaansjaar vir die eerste keer virtueel aangebied te midde van die COVID-19-pandemie.

Die beoordeling van die kompetisie het reeds op 27 Februarie in Kaapstad plaasgevind vóór die eerste koronavirus-geval in Suid-Afrika aangeteken is. Volgens Johan Ehlers, hoof uitvoerende beampte van Agri-Expo, die organiseerder van die SA Suiwelkampioenskappe sedert 1834, moes hulle egter daarna innoverend dink oor hoe om vanjaar se toekenningsgeleentheid aan te bied.

“Die afstel van die glansgeleentheid plaas nie ‘n demper daarop dat ‘n rekordgetal van 975 produkte van 74 vervaardigers vanjaar in meer as 100 verskillende klasse meegeding het nie. Die toename in inskrywings asook die feit dat 11 nuwe vervaardigers toegetree het, is goeie nuus vir die suiwelbedryf wat deur uitdagings soos die voortslepende droogte en nou ook die COVID-19-pandemie belemmer word,” sê Ehlers.

Uit die magdom inskrywings is slegs 23 produkte met die Qualité merk van gehalte vereer (sien volledige lys van die crème de la crème onder), terwyl 107 as SA Kampioen aangewys is.

“Dit is die derde keer in vyf jaar dat ons die Produk van die Jaar-toekenning vir een van ons kase verower,” sê ‘n trotse Marek Warzywoda, Hoofbestuurder: Lactalis SA (LSA).

“Ek is so trots op die LSA-span. Dit is ‘n duidelike aanduiding van hoe hoog die gehalte van ons produkte is en hoe toegewyd en ywerig ons spanne is. Ons bedank Agri-Expo vir nog ‘n fantastiese en goedgeorganiseerde kompetisie en vir die handhawing van sulke hoë standaarde vir die plaaslike suiwelbedryf. Toekennings, veral die eerbewyse vir die Produk van die Jaar, is ‘n ongelooflike getuigskrif van die LSA-span se voortdurende ambisie om kwaliteit produkte te lewer.”

“Om ‘n uitsonderlike cheddar te vervaardig wat vir langer as tien maande verouder kan word, is ‘n uitdaging op sigself,” sê hoofbeoordelaar en suiwelkenner Alan Fourie. “Die Président Extra Mature Cheddar is vol afgerond met ‘n soet, neutagtige profiel wat in die mond smelt. Voorwaar ‘n besonderse produk wat hierdie toekenning as Produk van die Jaar verdien.”

Agri-Expo bedank graag die vennote van die Qualité-toekennings vir hul toewyding tot die ontwikkeling van die SA suiwelbedryf: Synercore, Lake Foods, Woolworths, MANE, Guth SA, Orchem, Condio, die Melkprodusente-organisasie (MPO), The Dairy Mail en die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Suiweltegnologie.

2020 QUALITÉ WENNERS:

Fair Cape Dairies (7)

Woolworths Whipping Cream Pasteurised
Fair Cape Fresh Cream Pasteurised
Fair Cape Chocolate Dessert
Woolworths Chocolate Mousse
Fair Cape Fresh Full Cream Milk
Fair Cape Full Cream Plain Yoghurt
Fair Cape Full Cream Guava Yoghurt

Lactalis SA (3)

Woolworths Extra Mature White Cheddar
Président Extra Mature Cheddar
Woolworths Mature Gouda

Darling Romery (2)

Fresh Cream
Full Cream Strawberry Drinking Yoghurt

Fairfield Dairy (2)

SPAR Fat Free Peach Apricot Yoghurt
First Choice Full Cream Peach Apricot Flavoured Smooth Yoghurt

Polar Ice Cream Company (2)

Strawberry Cheesecake Buttermilk Frozen Yoghurt
Blueberry Cheesecake Buttermilk Frozen Yoghurt

Clover SA

Springbok Unsalted Butter

Foxenburg Estate

Vanilla Greek Style Yoghurt

Langbaken Karoo Cheese

Langbaken Karoo Crumble

Lausanne Dairies

Pasteurised Full Cream Milk

Limpopo Dairies

Hyjo Full Cream Chocolate Caramel Flavoured Smooth Yoghurt

Marcel’s Frozen Yoghurt

Low Fat English Toffee Frozen Yoghurt

Woodlands Dairy

First Choice Unsalted Butter

Vir meer inligting en die volledige uitslae, besoek www.cheesesa.co.za of kontak Agri-Expo by 021-975-4440 of cheese@agriexpo.co.za.

Bron: Agri-Expo

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

SA’s fresh fruit and vegetable supply steady in face of COVID-19 lock down

reinke

No other centre pivot machine can beat the Reinke route