in

SA skeerder is die wêreldkampioen

Die Suid-Afrikaanse skeerder Mayenzeke Shweni het die naweek wol in die oë van ander handskeerders geskop toe hy op die Wêreldskaapskeerkampioenskap in Masterton, Nieu-Seeland, as wêreldkampioen in die handskeerafdeling gekroon is.

Sy spanmaat, Zweliwile Hans, wat die titel voorheen  reeds drie keer verower het, was tweede. Albei is van Sterkspruit in die Oos-Kaap en skeer heeltyds. 

Die kampioenskapsbyeenkoms word tweejaarliks in ’n wolproduserende land aangebied. Die vorige byeenkoms was in Wallis. Suid-Afrika het dit in 2000 aangebied. Top-skeerders van 25 lande het vanjaar ingeskryf om vir die gesogte wêreldkroon in die hand- en masjienskeer-afdelings mee te ding.

Suidelike Afrika kraai sedert 1994 koning in die handskeerafdeling toe Elliot Ntsombo van Lesotho die eerste deelnemer uit Afrika geword het om dit te wen. Hy het nie vanjaar deelgeneem nie.

Skaapskeer is fisiek een van die veeleisendste beroepe ter wêreld. Dit neem ’n skeerder sewe tot agt jaar om ’n vlak te bereik  om vir kompetisies soos dié te kwalifiseer.

’n Skeerder verbrand meer kalorieë tydens ’n normale werkdag van agt ure as wat ’n rugbyspeler tydens ’n rugbywedstryd verbrand.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leer meer oor tonnels

John-Deere-gaan-nog-groter