in

SA Ekonomiese herstel hang af van Parlement se stem oor #OSV

Francois Wilken

This post is also available in: Afrikaans

Op Dinsdag 7 Desember het die parlement ‘n tweederdes (66,7%) stem nodig om die grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding en staatsbewaring oor grond ‘n uitdruklike grondwetlike mandaat van die Republiek van Suid-Afrika te maak.

Volgens Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), “as hierdie wetsontwerp ‘n 66,7%+ stem kry, verdoem dit die kanse op ekonomiese herstel in Suid-Afrika, wat reeds skeptiese beleggers in ons ekonomie wegjaag, beide plaaslike en van uit die buiteland.”

Sonder dat beleggings in eiendom deur gesonde eiendomsregbeleid verseker word, gaan beleggers elders waar hul belegging veiliger is. Plaaslike ekonomies aktiewe burgers sal ook nie herbelê in onseker eiendomverwante bates nie, en hul beleggings in pensioenfondse, spaargeld, ens. meer na buitelandse fondse verskuif.

In die geval van landbou, sal minder winste herbelê word in die groei van die plaaslike landboubesighede en meer in alternatiewe minder riskante beleggings/ondernemings, heel moontlik in die buiteland. Hierdie disinvestering in landbou vertraag die landbou se vermoë om voortdurend aan ‘n groeiende bevolking voedselsekerheid te bied en aan te hou om meer mense in diens te neem wat tans so broodnodig is in SA. Terloops, landbou was die enigste sektor wat die afgelope paar jaar konsekwente groei in indiensneming getoon het.

Die Grondwet se 18de Wysigingswetsontwerp, om artikel 25 van die grondwet te wysig om dit wat implisiet, eksplisiet is te maak, bepaal dat onder sekere omstandighede wanneer grond onteien word, vergoeding nul mag wees. Dit maak ook voorsiening daarvoor dat grond onder toesig van die staat (voogdyskap) geplaas word.

Hierdie nuwe toevoeging tot die wetsontwerp was nooit implisiet in die bestaande grondwet nie, hoewel daar nog altyd voorsiening gemaak is vir ‘n kombinasie van staatsbeheerde, private en kommunale grond. Die EFF wil hê alle grond onder voogdyskap van die staat moet wees asook geen kompensasie betaalbaar moet wees vir grond benodig vir grondhervorming nie.

VL het ten volle aan die openbare konsultasieproses deelgeneem en hierdie
voorgestelde wysiging aan Artikel 25 teengestaan deur ons lede en die publiek te mobiliseer om insette te lewer, deur skriftelike indienings asook voorlegging aan die parlement.

Die standpunt van VL is dat die huidige Artikel 25 van die Grondwet voldoende voorsiening maak vir grondhervorming, en selfs onteiening met geen vergoeding, en dus enige wysiging as onnodig teenstaan. Die implisiete kan eksplisiet gemaak word in die Wysigingswetsontwerp op Onteiening ook tans voor die parlement, maar nie deur wysiging van ons grondwet nie. Verder is ons hewig gekant teen enige voogdyskap oor grond huidig in private besit.

Ongeag die uitslag van die parlementêre stemming op die 7de, weet Wilken dat “die grondhervormingsdebat nog lank nie verby is nie; op die politieke toneel sal dit ‘n stryd wees oor ideologieë en herstellende geregtigheid wat net sal toeneem met hoogs betwiste nasionale verkiesings wat voorlê. Terwyl op die grond die goeie buurmanskap en welwillendheid tussen nuwe selfgevestigde en ou kommersiële boere onverpoosd voortduur, regverdig die politieke retoriek skynbaar landelike misdaad en wrede
plaasaanvalle wat beleggings en boere uit Suid-Afrika verder verjaag.

Indien die meerderheid stem verkry word om die grondwet te wysig soos voorgestel is die volgende stap dat stemmery na die provinsies en tradisionele leiers toe oorgaan op die NCOP stem wat ook heel waarskynlik die selfde uitkoms sal hê as Parlement.

Indien hier ook die nodige meerderheid verkry word sal VL seker maak dat daar ‘n regspan opdrag gegee word om die grondwetlikheid van die wysiging te betwis.

Bron: Vrystaat Landbou

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

App to assist honeybush industry in achieving product quality

Eiendomsreg-stryd nog nie verby nie