in

SA Bank van Athene word Grobank

This post is also available in: Afrikaans

‘n Nuwe bank beteken meer mededinging en is altyd goeie nuus vir die man op straat; soveel te meer vir baie boere wat ‘n baie hegte band met hulle bankbestuurders moet smee en onderhou… ‘n Landboubank wat beloof om baie sterk op kliënteverhoudings te fokus, sal dus maklik in die boeregemeenskap verwelkom word.

Suid-Afrika se banksektor groei en ontwikkel ook vinnig. Digitalisering en laekoste-bedryfsmodelle het van die grootste uitdagings geword. Die voormalige Suid-Afrikaanse Bank van Athene het hierdie uitdagings as geleenthede vertolk en daarmee saam hervorm in ‘n nuwe bank met die naam Grobank. Die SA Bank van Athene het sedert 1947 sy stempel in Suid-Afrika afgedruk – ‘n ryke geskiedenis van meer as sewe dekades.

Met die stigting van Grobank het AFGRI Group Holdings, wat baie bekend onder boere is, een van die aandeelhouers geword. Hierdie bekende steunpilaar in landbou sal voorwaar ‘n gerustellende faktor wees.

Grobank gaan sy uitgebreide bankervaring wat deur sy geskiedenis as Bank of Athens verkry is, inspan, asook toegang tot die voedsel- en landbousakekennis van sy aandeelhouers verkry. Dit sal lei tot ‘n bank wat stewig toegespits is op die ondersteuning van die voedsel- en landbouwaardeketting in Suid-Afrika. Dit bestaan ​​uit ondernemings wat wissel van onder meer boerderye tot voedselvervaardigers, kleinhandelaars, vervoerders, invoerders en uitvoerders. Hierdie dienste bied Grobank die geleentheid om sy huidige KMO-kliëntebasis te dien en uit te brei, en om op die uitbreiding van sy nuwe kliënte te fokus.

Grobank se hoofuitvoerende beampte, Spiro Georgopoulos, sê: “Ons trou ons sterkpunte as bankiers en finansiers met die strategies belangrike behoefte om voedselsekerheid te ondersteun. Hierdie fokus lê nie net in die boerderysektor nie, maar ook in die voedselwaardeketting, insluitende klein en medium ondernemings, sakebeleggers, ondernemers, kleinhandelaars, restouranteienaars, pakhuiseienaars en fabriekseienaars.”

Spiro Georgopoulos, HUB van Grobank; Chris Venter, HUB van AFGRI Group Holdings; Eankaj Renchod, voorsitter van Grobank; en Willem Kruger, nie-uitvoerende direkteur van Grobank, het kragte saamgespan om ‘n uitsonderlike landboubank te stig.

In ‘n tyd waar bankdienste al hoe meer digitaal word, beplan Grobank om verhoudingsbankdienste as die kern van sy pakket aan te bied. Alhoewel digitalisering ‘n noodsaaklike element in bankdienste is, glo Grobank dat ‘n ware verhouding met ‘n kundige bankier ‘n kernbehoefte bly vir ondernemings wat ingewikkelde bankbesluite moet neem. Om te verstaan ​​wat vir ‘n onderneming belangrik is en om aan sy bepaalde behoeftes te voorsien, moet ‘n bank by die onderneming betrokke raak. Die logiese stap vir Grobank is dus kliëntebetrokkenheid op die plaas, fabriek of perseel om regstreeks aan sy kliënte diens te lewer.

Grobank behou egter steeds, soos sy voorganger, sy volledige handelsmerkverteenwoordiging by al sy takke en op digitale webwerwe.

Mnr Georgopoulos sê: “Ons strategie is steeds om na ondernemingeienaars uit te reik, hulle sake te leer ken, hulle behoeftes te hanteer en produkte en dienste pasgemaak vir ons mark aan te bied. Ons is daartoe verbind om ‘n dieper begrip van die Grobank-kliënte se wêreld, hulle geldelike behoeftes en strewes te ontwikkel.”

Vir inligting oor Grobank, besoek www.grobank.co.za.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Rumax-mengers trakteer vee om te presteer

jcb

Werk vinnig, ver, hoog en laag met JCB