in

Rumax: Verpil vir die beste voer

“Pille is die Lamborghini van voer, maar jy vat nie kortpaaie of gebruik minderwaardige produkte as jy pille maak nie.” So gesels Sakkie Liebenberg van Rietpan-wildsplaas naby Lichtenburg. Hy sê hy het die beste resep uitgewerk wat vir skape, beeste en wild kan werk en as boere hom bel, sal hy die resep deel, maar hy gaan dit nie sommer vir enigeen gee nie. Oor een groot suksesbestanddeel van die resep is daar geen vraagteken nie. Dit is Rumax se nuwe opgegra-deerde pilmasjien wat onlangs vir diens op die plaas aangemeld het. Sakkie sê sy vorige Rumax-pilmasjien het goed gewerk, maar hierdie een is nog beter, want jy kan hom maar net bly voer – hy PIL dat dit bars!

Die masjien kan maklik 1,5 ton materiaal per dag hanteer, al is dit, soos Sakkie sê, ‘n boeremasjien en nie ‘n fabrieksmasjien nie.

Die Rumax-menger meng die grondstowwe deeglik. Vandaar voer ‘n awegaar dit na die pilmasjien, wat die materiaal verhit en dit met ‘n drukkrag van 6 ton per cm² in pilvorm deur-pers. Die lengte van die pille kan na behoefte gestel word.

Sakkie sê gaar proteïene het dubbeld soveel krag as rou proteïene.

Ander voordele van die pille is dat die voer makliker hanteer en geberg kan word. Dit word presies afgemeet, in 50-kg sakke verpak en toegestik, sodat dit lekker vars en droog kan bly, en daar is geen voervermorsing nie.

Deur die hele somer word daar op Rietpan pille gemaak sodat daar nooit ‘n voertekort in die winter is nie. Sakkie sê sy voorraad pille het hom ook deur die huidige droogte gedra.

Ander voordele is dat die wind nie die pille kan wegwaai soos met rou voer nie en die diere kry alles in wat hulle nodig het. Hulle kan nie lekkerbekkig wees en net uitsoek waarvoor hulle lus is nie.

Oor Jaco Pieters en sy span by Rumax se dienslewering praat Sakkie met groot lof. Lichtenburg en Worcester, waar Rumax se fabriek is, is nie juis ‘n hanetree van mekaar af nie, maar volgens Sakkie het dit nog nooit ‘n probleem veroorsaak nie. “Ek het al onderdele bestel en toe ek tien minute later bel om iets by te voeg, was die bestelling alreeds gepak en gestuur.”

Die ander lekker ding vir Sakkie is dat hy met mense praat wat sy taal verstaan: “Van die ontvangsdame tot die manne in die werkswinkel verstaan ons mekaar en almal is vriendelik,” sê hy.

Word deel van die Rumax-familie – jou diere sal dankbaar wees. Praat met Jaco Pieters by 082-335-3970 of 023-342-6070 of e-pos jaco@rumax.co.za. Besoek ook www.rumax.co.za.

Sakkie Liebenberg van Lichtenburg sê met Rumax se pilmasjien kon hy selfs deur die droogte sy beeste, skape en wild net die beste voer gee.
Sakkie Liebenberg van Lichtenburg sê met Rumax se pilmasjien kon hy selfs deur die droogte sy beeste, skape en wild net die beste voer gee.

 

 

What do you think?

-1 points
Upvote Downvote

Total votes: 3

Upvotes: 1

Upvotes percentage: 33.333333%

Downvotes: 2

Downvotes percentage: 66.666667%

Tipes wangedrag in die werksplek

Verminder jou risiko met “Undercover Farming”