in

Rumax meng lekker kos; tot vir buffels

Louma-boerdery naby Thabazimbi se buffels is baie kosbaar en waardevol, daarom kry hulle ‘n spesiaal geformuleerde voermengsel wat elke week vars gemaal en gemeng word.

Wimpie van der Walt, die wildplaasbestuurder, is gesteld daarop dat elke wildsoort op die plaas die regte kos kry, want dit is ‘n teelplaas en die wild moet produseer. Die buffels, swartwitpense, Livingstone-elande en renosters het byvoorbeeld verskillende voerbehoeftes en die ruvoermengsels moet daarvoor aangepas word.

Wimpie steun swaar op sy Rumax-voermenger en -kerwer om die voermengsels elke keer perfek te lewer. Vir die afgelope twee jaar al word daar elke week 3 ton voer gemeng in dié staatmakermasjien wat plaaslik ontwerp en ontwikkel is. Die menger kan tot 1,2 ton op ‘n slag hanteer.

Lourens du Plessis, eienaar van Louma-boerdery, vertel dat hy in 1996 as gevolg van die regering se arbeidsbeleid begin het om te meganiseer. Hy het sy boerdery aangepas en gesorg dat hy die regte masjiene het om die werk met so min hande as moontlik gedoen te kry. Die hele voermengproses op die plaas word tans deur net twee mense hanteer.

Lourens het eers ander voermengers probeer, maar die unieke ontwerp en kapasiteit van Jaco Pieters se Rumax-mengers het hom beïndruk en hy is nog glad nie spyt dat hy oorgeskakel het nie. Jaco se kerwers maak van rataandrywing in plaas van kettings of bande gebruik, wat beteken dat daar baie minder slytasie is.

Lourens sê die prys was ook ‘n groot aantrekkingskrag, want ingevoerde masjiene met dieselfde kapasiteit kos amper dubbeld so veel as Rumax. Hy is ook baie tevrede met die naverkoopdiens wat hy kry: “Die een keer wat hier ‘n probleem was, was Jaco soos blits van die Kaap af hier om die fout te herstel.”

Jaco het ook aan Louma-boerdery ‘n hamermeule gelewer vir die graan wat op die plaas gemaal word. Alle ander ruvoer word egter deur die menger-kerwer verwerk, aangesien die sorgvuldige kerfaksie tot gevolg het dat daar geen verlies aan klein deeltjies is nie.

Nog ‘n groot voordeel is dat die stelsel met ‘n magneetstelsel toegerus is wat verseker dat daar geen draad of klein metaaldeeltjies in die voer beland nie.

Lourens meen enige boer wat ernstig is oor sy diere en die voermengsel wat hulle kry, kan gerus by Rumax aanklop. Bel Jaco Pieters by 082-335-3970 of 023-342-6070.

Die buffels van Louma-boerdery naby Thabazimbi kry ‘n spesiale voermengsel wat elke week vars gemaal en gemeng word deur Rumax.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Inttrac:-'n-Strautmann-voermenger-vra-min-en-gee-baie

Kalibreer ‘n balkspuit só