in

Rumax dra wild deur droogte

“Dit is die beste belegging wat ek nog gemaak het,” sê Sakkie Liebenberg van Rietpan naby Lichtenburg onomwonde. “Kyk hoe sleg lyk die veld, maar kyk net die kondisie van my wild.”

Die wild, skape en beeste geniet die voordele van die kragkos wat Rumax se pilaanleg in maklik hanteerbare pille uitdruk. Die resep is jou keuse, die grootte van die pille kan gestel word en vir die res kan jy op Rumax reken.

Rumax, kuilvoer, roland en sakkie liebenbergRoland en Sakkie Liebenberg van Rietpan by Lichtenburg sê die Rumax-pilaanleg is die beste belegging wat hulle in die tyd van droogte kon maak.

Sakkie sê met die Rumax-pilaanleg is daar geen voervermorsing nie. In die verlede het die wind lekker saamgeëet wanneer hy en sy seun, Roland, die krippe gevul het en dit was onmoontlik om seker te maak dat die diere die regte aanvullingsbalans inkry. Nou is elke pilletjie gevul met al die regte bestanddele en die tarentale kom pik nie meer die stukkies mielie uit nie.

Die gehalte van die proteïen-aanvulling is ook beter, want met die deurpersingsproses word die pilletjies goed warm en volgens Sakkie is gaar proteïene altyd beter as rou proteïene. Die pille word in bakke gelaat om af te koel en dan netjies in 50-kg sakke verpak en toegewerk.

Aansienlik minder ruimte word vir opberging gebruik, dit is makliker om plae soos rotte te bestuur en agterna is die hantering ook baie eenvoudiger, want elke voerplek kry sy sak. Na so 50 ton se voerverwerking het die pilaanleg homself betaal, as jy dit sou vergelyk met die koöperasie se pilpryse, sê Sakkie. En wanneer die aanleg nie pille maak nie, meng hy lek.

Hy sê hy het goed rondgekyk voor hy die Rumax-pilmasjien aangeskaf het, want hy wou seker maak hy koop by ’n gevestigde maatskappy met ’n goeie naverkoopdiens en hy was nog geen oomblik spyt oor sy keuse nie. Selfs met die fabriek so vêr as Worcester het hy nog nooit nodig gehad om langer as ’n dag vir enige onderdeel te wag nie.

“En weet jy wat, as jy hulle bel is almal vriendelik en behulpsaam, van die dame wat die foon antwoord tot die tegniese span. Almal praat my taal en jy is sommer lus om met hulle sake te doen,” sê Sakkie.

 Jaco Pieters van Rumax kan jou help met die regte masjien vir jou plaas. Skakel hom by 082-335-3970 of besoek www.rumax.co.za om na die volledige reeks Rumax-voerhanteringsmasjiene te kyk.

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Verblyfreg: Hoe kan dit beëindig word…

Landbou-het-’n-dubbelkajuittrokkie-nodig