in ,

Ruil jou Jupidex-beitelploeg se punte in ‘n kits

This post is also available in: Afrikaans

Om op die uithoek van die land te boer, ’n hanetree van die Botswana-grens af, is nie speletjies nie, want die paaie is sleg en die groentemark is ver. Die naaste groot sentrum, Ellisras, is 150 km ver en vir groter aankope moet jy 200 km ver Pietersburg toe ry. Wat wel die boerdery makliker maak, is as jy die harde Bosveldgrond kan bewerk met ’n hele reeks van Jupidex se werktuie wat in jou skuur gereed staan.

Petrus van der Walt boer buite Maasstroom op sy plaas, Boulust, en hy het sy eerste Kverneland sewetand- beitelploeg in 2005 by Kverneland Suid-Afrika aangekoop. Hy was so ingenome dat hy daarna ’n drieskaarploeg, weer ’n sewetand en toe ’n kapploeg (rotary tiller) gekoop het. ’n Ruk nadat Jupidex die Kverneland-agentskap in Suid-Afrika oorgeneem het, het Petrus hulle na ’n boeredag op sy plaas genooi en hy het net daar ’n negetandbeitelploeg en ’n presisie-minilugdrukplanter gekoop.

Om alles te kroon het Joe Roos, sy plaasbestuurder en skoonseun, die jongste toevoeging tot Jupidex se Kverneland-tandreeks in ’n wedstryd op Nampo losgeslaan. Letterlik.

 

Johan Smit van NTK, Stefan Nel, noordelike streeksverteenwoordiger van Jupidex en Joe Roos, Boulust se plaasbestuurder, is almal dit eens dat die CLC Evo perfek vir die klipperige lande van Boulust is.

Die Knock-on punte is eers deeglik in Suid-Afrikaanse omstandighede getoets voor Jupidex die boere by Nampo uitgenooi het om te kyk wie die punte die vinnigste kan ruil.

Joe is in beheer van Boulust se gewasse en hulle woeker met uie, tabak, tamaties, pampoene en waatlemoene. Joe werk al sedert 2007 op Boulust en is nie bang om met sy hande te werk nie. “’n Ou werk mos maar elke dag met beitels en hamers op die plaas en ek maak my werktuie self reg en doen die onderhoud self,” sê hy.

Hulle het reeds ’n klomp werk vir Jupidex se CLC Evo uitgedink en beplan om in die komende seisoen ongeveer 150 hektaar met die masjien voor te berei.

Kyk na die tweede groen bladveer in die voorste ry om te sien hoe ver die tand oplig sodat niks afbreek wanneer dit ’n hindernis teëkom nie, voordat dit terugsak om die werk voort te sit.

Die CLC Evo is ’n beitelploeg met beweegbare hol tande en elke tand se bladveer kan 640 kg druk hanteer voor dit wegbreek om oor ’n hindernis te spring voordat dit dadelik terugspring op sy plek om met sy belangrike werk voort te gaan.

Elke tand benodig 10 kW vanaf die trekker om sy werk gemaklik te doen.

Met die nuwe CLC Evo kan Joe tot 450 mm diep werk, want die Knock-on punte is ’n bykomende 50 mm lank. “Ons het baie klippe op ons grond en daarom sal die Evo uitstekend vir ons lande werk, omdat sy tande kan wegbreek voor daar skade kom,” sê Joe.

Op Nampo het daar ongeveer 400 boere probeer om al nege die CLC Evo Knock-on punte in die kortste moontlike tyd by die Jupidex-stalletjie te vervang.

NTK se meganisasie-afdeling bedien die boere in die Noorde met Jupidex se produkte en vir elke stel punte wat ’n boer koop, kry hy ’n pasmaak-beitel saam sodat die punte op die regte manier vervang kan word.

Vir meer inligting, skakel Stefan Nel 072 190 9110, of Terry Alexander 082-383-6700 of Onderdele 033-386-3574.

 

 

 

 

 

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Iveco Suid-Afrika: Die koning van Afrika is terug!

Lindsay en jou slimfoon trap vas