in

Rovic Leers wys hulle staal by Balfour se Hooidag

Rovic leers

Genoeg goeie voer is vir die veeboer goud werd, veral tydens droogtetye soos nou. Maar goeie hooi val nie uit die lug nie – dit moet reg en sorgsaam gemaak word en dit is presies hier waar Balfour se jaarlikse Hooidag ’n skatkis vol hooikennis vir boere ontsluit. “Die jaarlikse Hooidag wat deur Balfour se Boerevereniging aangebied word, is seker die grootste en mees toegespitste een in die land.” So sê Willie Human, Rovic Leers se hoofbestuurder in Johannesburg.

Rovic Leers het tydens die afgelope Hooidag hulle wye verskeidenheid toerusting wat kan hark, oopvlek, baal en hanteer gedemonstreer. Vir die 450 boere wat die dag bygewoon het se kennersoë was Rovic Leers se doeltreffende toerusting ’n fees.

Boere het verstom gestaan oor die doeltreffendheid van die Cicoria-baler wat windrye optel, blokkiesbale maak en hulle dan optel en netjies rangskik vir laai en wegry.
Rovic Leers
Rovic Leers bied die boer ’n wye verskeidenheid krag- en wielvingerharke, waarvan die Speedrake een is.
Rovic Leers
Die Quicke laai blokkiesbale maklik en vinnig met die minste vermorsing.
Rovic Leers
Rovic Leers se Krone Comprimarondebaler is ’n markleier en ’n staatmaker vir boere regoor die wêreld.

Balfour se naaste Rovic Leers-handelaar is AFGRI Meganisasie Grootvlei wat boere met raad en daad sal bystaan. Boere in ander distrikte regoor die land, kan Rovic Leers by +27(0)21-907-1700 skakel of e-pos mariusr@rovicleers.co.za om te hoor waar hulle naaste handelaar is. Besoek ook www.rovicleers.co.za vir meer inligting.

What do you think?

1 point
Upvote Downvote

Total votes: 1

Upvotes: 1

Upvotes percentage: 100.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Balfour hooidag

Balfour se hooidag groei geil

voeding

Voedingstrategieë vir suiwelbeeste in ’n minder winsgewende omgewing