in

Rooivleisboere in die noorde hou kongres

Alle rooivleisprodusente in die noordelike dele van die land en ander rolspelers in die bedryf is uitgenooi na die Limpopo RPO-kongres wat op 24 Julie by die Hoeka Toeka-gastehuis op Potgietersrus (Mokopane) gehou word. 

Benewens die geleentheid om mekaar te sien en opnuut bande te smee, sal daar ook ‘n verskiedenheid inligtingspraatjies aangebied word. Mnr Loffie Brandt van ABSA Agribesigheid gaan gesels oor die ekonomiese vooruitsig van rooivleis. Boere sal toegelig word oor indringerplante en daar is ‘n lesing oor die sosio-ekonomiese impak van snotsiekte by beeste. Dr Faffa Malan sluit die inligtingsessie af met ‘n praatjie oor biosekuriteit as die sleutel tot suksesvolle boerdery. 

Verskeie spesiale toekennings gaan gedoen word waarna die voorsitter, mnr Japie Ellis sy verslag sal lewer en daar oorgegaan word tot die verkiesing van nuwe bestuurslede.  

Boere wat belangstel om die geleentheid by te woon, kan skakel met Wilma Prinsloo by 082-555-4553 of w.prinsloo1@mweb.co.za.

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Val-Boeredag-al-hoe-gewilder

Die-tipes-mastitis