in

Regering eet lekker, maar gee min

Die internasionale organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling het in sy jongste verslag bekend gemaak dat Suid-Afrikaanse boere van die minste ondersteuning ter wêreld geniet. Die ondersteuning word gemeet deur te bepaal hoeveel belastinggeld na boere toe gaan in die vorm van insetsubsidies en die mate waartoe hulle produkpryse deur invoerheffings beskerm word. 

Die vlak van ondersteuning staan bekend as die Produsent Ondersteuningsberaming (PSE). AgriSA sê in ‘n verklaring volgens die jaarlikse verslag van die organisasie is die ondersteuning aan Suid-Afrikaanse boere eintlik weglaatbaar klein. 

Wêreldwyd was daar in 2012 ‘n gemiddelde toename van 15 tot 17% nadat die neiging die vorige paar jaar afwaarts was. Die ommekeer kan waarskynlik toegeskryf word aan kommer oor voedselsekuriteit en die feit dat die Wêreldhandelsorganisasie nie die jongste rondte samesprekings oor internasionale voedselhandel suksesvol kon voltooi nie. 

Suid-Afrikaanse boere het ‘n PSE van 3% teenoor byvoorbeeld boere van Japan wat 56% ondersteuning geniet, Noorweegse boere met 63% en Switzerse boere met 57%. 

Mnr Johan Pienaar van AgriSA sê dit is duidelik dat die speelveld waarop Suid-Afrikaanse boere internasionaal moet meeding baie ongelyk is en hy het die hoop uitgespreek dat dit nie verder sal verswak nie. 

TLU SA sê dat die verslag onrusbarend is maar nie werklik ‘n verrassing nie. 

“Inderwaarheid kry die kommersiële boere van Suid-Afrika eerder teenstand van hulle regering as ondersteuning,” sê die assistent-hoofbestuurder: Kommunikasie, mnr Henk van de Graaf. 

“Boere voel deurlopend bedreig met sake soos die steeds sluimerende Groenskrif op Grondhervorming, arbeidsonstabiliteit waar die regering strykdeur teen die landbouers besluit en nou ook die moontlikheid dat boere aandele aan werkers moet afstaan, wat hulle winsgewendheid en volhoubaar in gedrang gaan bring. Wêreldwyd word landbou ondersteun ter wille van voedselsekerheid, maar in Suid-Afrika word daar wel baie gepraat oor voedselsekerheid, maar nie werklik van owerheidsweë af ondersteun nie. Geen wonder dat die verslag so negatief is nie,” sê TLU SA.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

AgriSA se Jongboer van die Jaar uit die Noord-Kaap

Jupidex kap tande in by Bethlehem