in

ProAgri SA 256

This post is also available in: Afrikaans

Nampo is afgestel vir 2021. Die jaarlikse landbouskou wat duisende besoekers op Bothaville laat toesak, is weer eens in die wiele gery deur die pandemie se maatreëls. Verskaffers sou sorg dat hulle genoeg voorraad bekom om tydens Nampo te verkoop, maar nou lê daar hope kapitaal in hierdie voorraad opgesluit, sonder ՚n skou om dit by uit te stal. Hoe nou gemaak?

ProAgri en Agri4all.com het die oplossing!

Sake-ondernemings kan ProAgri se platforms gebruik om steeds hulle boodskap aan voornemende klante oor te dra op die volgende maniere:

  • Plaas artikels en advertensies in ons verskeie tydskrifte, wat in 5 lande versprei word.
  • Verder kan hierdie artikels en advertensies op enige van ProAgri se digitale platforms versprei word, wat maandeliks meer as 12-miljoen mense in 10 Afrika-lande bereik.
  • Maatskappye kan ook gratis inligting oor enige landboutoerusting op Agri4all.com laai, en sien hoe dat dit in ՚n japtrap deur kopers opgeraap word.
  • Behalwe vir geskrewe artikels en advertensies, kan ProAgri jou ook help om jou landbouwerktuie te demonstreer. Ons neem video’s van jou demonstrasie en versprei dit deur die Afrika-lande van jou keuse. Op hierdie manier kan die boer voel of hy langs die land staan en na die demonstrasie kyk, terwyl hy in die gemak van sy leunstoel sit.

Dit is nie net voornemende kopers wat by Agri4all.com kan baat vind nie, maar ook boere wat tweedehandse toerusting, lewendehawe, of enige ander produkte wil verkoop. Ons laai jou produk met ՚n kort beskrywing op die webblad en miljoene voornemende kopers sien dit onmiddellik raak.

Boere wat graag by Nampo na die nuutste en blinkste toerusting wou kyk, kan dit steeds doen sonder om hulle huise te verlaat. Hulle kan steeds dieselfde toerusting bekyk op ons webblad www.agri4all.com en insiggewende tegniese artikels oor die toerusting lees op www.proagri.co.za.

Volg ons ook op Facebook by https://www.facebook.com/proagri/ om op hoogte te bly van nuwe inhoud op die webblad. Om ProAgri en Agri4all.com se uitstekende bemarkingsgeleenthede te benut, kontak Diane Grobler by 082-555-6866 of stuur ՚n e-pos na diane@proagri.co.za.

ProAgri-groete

Jaco Cilliers

jaco@proagri.co.za

Lees ProAgri 256 hier:

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 2

Upvotes: 1

Upvotes percentage: 50.000000%

Downvotes: 1

Downvotes percentage: 50.000000%

From “China’s first” to “the world’s first”, Chery’s world-leading hybrid transmission was officially off the production line

Landbouskoue hoopvol ondanks pandemie-uitdagings