in ,

ProAgri 230

This post is also available in: Afrikaans

Die eerste digitale elektroniese armhorlosie met syfertjies in plaas van ՚n gesiggie het al in 1970 verskyn. Almal het gedink dit is die einde van gesiggiehorlosies. Met ons reis op die MSC Musica was dit vir my amusant om te sien dat al die pragtige, duur horlosies wat daar te koop aangebied is, die tyd met wysertjies aandui. Spoedmeters in moderne voertuie is steeds rond en selfs in die nuutste straalvliegtuie sal jy gesiggiemeters vind.

Dit gaan daaroor dat inligting aangebied moet word in ՚n vorm wat vir die mens se oog en brein aanvaarbaar is, aangenaam is en maklik is om te verstaan. Die afgelope paar weke was ek by ՚n verskeidenheid landbouskoue, boeredae en inligtingsessies en ons is op pad NAMPO toe. Hierdie geleenthede word goed bygewoon en mense is bereid om geld uit te haal om te gaan luister na en praat met die kundiges. Google is nuttig, maar mense lees en leer meer uit gesigte!

ProAgri hoor dikwels die argument van verskaffers dat hulle nie meer in tydskrifte wil adverteer nie, want die boere Google deesdae wat hulle wil weet. Ons weet boere soek elektronies na inligting, dit is waarom ProAgri ՚n baie sterk aanlynteenwoordigheid het met ons webwerwe wat nuus verskaf om ons tydskrifte aan te vul en met www.Agri4all.com, ons soek-en-verkoopblad.

Maar ons sien ook dat boere ons tydskrifte optel, oopmaak en lees. Soms sien ek dat ՚n boer sy hand op ՚n foto laat rus asof hy die vrug, masjien, bul of koringaar kan voel wat daar afgebeeld is. Ons weet boere vat en lees ons tydskrifte, want ons kry niks terug van die punte waar dit neergesit word nie. Die amptelike ABC-syfers wys dit ook. Veertigduisend ProAgri’s word elke maand in Suid-Afrika gelees.

Hierdie maand gaan jy lekker lank lees, want dit is die dikste uitgawe in ProAgri se 25 jaar. Dit is ons voorloper vir NAMPO waar ons hoop om jou gesig weer te sien. Gebruik asseblief die groot uithaalkaart om jou roete te beplan en maak seker jy kom kuier in die Hinterlandsaal by ProAgri.

Boer slim!

Annemarie Bremner > Annemarie@proagri.co.za

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

AfriForum 911: Veeboere kan nou ook hulle vee hierop registreer

ProAgri NAMPO-kaart