in ,

ProAgri 210 – Augustus 2017

ProAgri

Dit is brandtyd! Amper elke middag wanneer ek met die N4-deurpad huis toe ry, hang die grys rookwolke in die lug as getuienis van die vernietigingsdrang wat skynbaar in sekere mense skuil. Of dit doelbewuste brandstigting of ’n argelose brandende stompie deur die venster is, die resultaat bly dieselfde – ons kosbare veld word verwoes.

Een van ons lesersvriende in die Bosveld, Chris Wagner, het vir ons ’n artikel gestuur (bl 34) oor die wonderlike herstelvermoë van natuurlike veld, mits dit behoorlik bestuur word en NIE afbrand NIE. Vuur maak dood. In my ondervinding is die enigste plantegroei wat na ’n veldbrand nuwe lewe kry, indringers soos swartwattel en kakiebos.

Boere moet ook asseblief deeglik bewus daarvan bly dat brandstigting een van die metodes is wat die opgeleide moordbendes gebruik om mense uit hulle huise te lok of te intimideer en hulle lewensmiddele te vernietig. Raak asseblief betrokke by jou plaaslike brandvereniging en plaaswag, as jy nog nie is nie. Ons kan nie elkeen alleen staan teen die aanslag nie.

Ons begin juis hierdie maand met ’n reeks artikels oor veiligheid en tegnologiese hulpmiddels wat gebruik kan word om huis en haard te beskerm. In hierdie uitgawe vind ons meer uit oor nagsigtoerusting. Op ’n meer fleurige noot begin ons ook met die ondersteuning van Monsanto
’n reeks oor vroueboere. Ons eerste boerin is ’n nooi van Orania in die Noord-Kaap. Ons ontvang graag voorstelle van ons lesers oor vroue wat die leisels vasvat op die plaas. Stuur die voorstelle, saam met enige ander kommentaar gerus na my e-posadres, annemarie@proagri.co.za.

Lekker lees aan die propvol uitgawe.

Boer slim!
Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za

Laai ProAgri 210 hier af: proagri_210_augustus_2017_web

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

brandstof

Data voorspel styging in brandstofpryse

FG Wilson

FG Wilson: Boer met krag