in ,

ProAgri 208 – Junie 2017

Toe dr Wally Grant en sy span wetenskaplikes ’n nuwe, meer ekonomiese, manier gevind het om uraan te verryk om dit vir kernkragdoeleindes aan te wend, het die wêreld verstom gestaan.

So ’n paar jaar gelede het ’n jong Boerseun van Brits die oë laat rek toe hy aangekondig het dat hulle by Embrio Plus ’n koei gekloon het, na die yslike wêreldwye ophef wat van die eerste gekloonde skaap, Dolly, gemaak is. Die lysie van briljante, skeppende denke en denkers wat uit eie Suid-Afrikaanse bodem spruit is baie lank. Dikwels met beperkte hulpmiddele (of dalk as gevolg daarvan!) word oorspronklike idees gebore en die dinge word gedoen.

Hierdie jaar by NAMPO het ek weer verstom gestaan oor die vindingrykheid van ons mense. Party van die skeppers van produkte het by Boerepatente begin om hulle idees te toets en is nou volwaardige uitstallers, klaarblyklik met ’n reeks nimmereindigende planne om boere se werk makliker te maak.

Ander het in hulle motorhuise of skure begin om toerusting te bou om die werk vir hulleself makliker te maak en het nou spogfabrieke met die voorste tegnologie. ProAgri gee graag erkenning aan hierdie ontwikkelings uit eie bodem en werk tans daaraan om ’n toekenningstelsel te ontwikkel. Saam met die plaaslike ontwikkelings kon boere ook weer vanjaar kennis maak met ’n wêreldkeur van tegnologie. In hierdie en ons volgende uitgawe bring ons BAIE NAMPO-nuus.

ProAgri het self by sy uitstalling pret gehad met die gereedskaptrommel van Dolmac wat in die spel was. Die gelukkige wenners wat elk so ’n kas ter waarde van R3 000 gewen het was: Heleen Mostert van Potchefstroom, Anna Du Plessis van Falcon Equipment en Wiehan Pietersen van Agrisell.

Volgende jaar maak ons weer so!

Lekker lees en boer slim!

Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za

Laai ProAgri 208 hier af:

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

farming equip

Farming equipment: No job too big or small for SARO

sonkrag silo

Sonkrag vir Hennenman-silo