in ,

ProAgri 206 – April 2017

ProAgri SA

Hoeveel is ’n piesang werd?

Soms as ek na die koudgehoude, rypgemaakte piesangs kyk wat van die supermark af op my tafel land, dink ek dit kan nie te veel werd wees nie. Maar dit is nie waaroor hierdie storie gaan nie. Hierdie storie gaan daaroor om die regte vraag te vra om die beste antwoord te kry.

Die vraag, soos hierbo gestel, impliseer dat die waarde van ’n piesang in ’n geldeenheid gestel moet word. Dit is beter om te vra, wat is die waarde van ’n piesang? Is ’n piesang se waarde gelyk aan dié van ’n mielie of ’n appel of dalk twee aartappels?

’n Piesang kos miskien vandag R2 en soos dit nou met die geldeenheid gaan, oor ’n week R3. Dit klink wonderlik vir die boer, maar vir daardie R3 (of die gedeelte wat hy uitkry) kan die boer minder diesel koop en minder elektrisiteit as ’n week gelede. Die piesang behou sy intrinsieke waarde, hy is steeds ’n mielie, ’n appel of twee aartappels werd, maar jy moet al hoe meer piesangs verkoop net om jou lewenstandaard te handhaaf.

Dit is hoe inflasie werk en ons is ongelukkig almal slawe daarvan, want ons hele ekonomiese stelsel en leefstyl is gegrond op die gebruik van geld. As ons kon terugkeer na ’n stelsel van ruilhandel, sou ons onsself baie beter kon verskans teen die politici se manewales.

Dit is nie maklik om ’n stelsel te verander nie, maar miskien kan ons wel onder mekaar begin saamstem oor die waarde van waarmee ons besig is en hoe ons mekaar deur groepvorming kan ondersteun en maniere vind om daardie onnodige belastinggeld terug te ploeg in mekaar se groei, eerder as om dit in die bodemlose Nkandlaput af te stort.

In hierdie uitgawe gaan loer ons by ’n paar verskaffers in om te sien wat jy by NAMPO kan verwag; en die tegnologie, veral ook van ons plaaslike ontwikkelaars, stel gewis nie teleur nie. Hou tog ook die lekker groot, gerieflike NAMPO-kaart in die middel van ProAgri om jou roete sinvol te beplan en onthou om by ProAgri in die Hinterlandsaal ’n draai te maak.

Boer slim!

Annemarie Bremner > annemarie@proagri.co.za

Laai ProAgri 206 hier af: proagri_206_april_2017_web

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Xfarm

Xfarm’s NTX disc planter: Paragon of perfect planting

KUHN

Kom kyk by NAMPO: Valtrac maak die boer nog sterker