in

Pretoria-is-gebore

Groot opgewondenheid heers die Pretoria Skouterrein. Die Lenteskou wat vanaf 1 tot 6 September plaasvind, het mense aan die gons. So-ook een klein lammetjie genaamd Pretoria, wat Maandag by die skou gebore is.

Pretoria is op 3 September by Die Lenteskou gebore. Die Meatmaster-lam en sy ma, behoort aan Stoffel van Niekerk van Vlakhoek Meatmasters. Die Meatmasters skaaptelersgenootskap is saam met vele ander vee-uitstallings te sien by vanjaar se Lenteskou.

Besoekers kan hulle verkyk aan die groot hoeveelheid beeste, onder andere Beefmasters, Nguni’s, Brahmane en Borans. Die Pinzgauerbul van ZZ2 is aangewys  as die LNR se bul van die jaar.


Daar is ook meer as genoeg skape en bokke om na te kyk, insluitend die Dorpers, Boerbokke en Damara’s se nasionale kampioenskappe het ook plaasgevind. Die Dorper-Wêreldkongres is ook vanjaar saam met die Lenteskou gehou.

Om die laaste bietjie opwinding te sien, besoek gerus die skou!

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Katoen se draadjie geknip

Winston-South-Devon-produksieveiling-lewer-groot-geld