in

Plant-akkuraat-vir-wins

Of jy nou konvensionele, verminderde of geenbewerking doen, sukses met planttyd hang af van jou planter se akkuraatheid en betroubaarheid. Presiese plantspasiëring en korrekte plantdiepte kan jou opbrengs – en jou wins – dramaties verhoog, soos boere wat met Massey Ferguson-planters plant lankal reeds weet.

Barloworld, planter, landbouMaak nie saak hoe groot of klein jou boerdery is nie, die legendariese akkuraatheid van MF 555-plantertegnologie kan help om jou winsgewendheid te verseker.

Barloworld Agriculture, wat Massey Ferguson (MF) in Suider-Afrika versprei, bied kostedoeltreffende plantoplossings vir ’n verskeidenheid toestande en behoeftes. Al die MF-planters word gekenmerk deur hulle eenvoud, konstante akkuraatheid, stewige konstruksie, lae onderhoud en veelsydigheid. MF-planters sluit in die legendariese MF 555-reeks met positiewe lugdruk, wat beskikbaar is met 3, 4, 5, 6, 8 en 12 rye; aangevul deur die opvoubare MF 9100-, MF 9700- en MF 9800-wyespanreekse, beskikbaar met 12, 16 en 24 rye, en die MF 100-, MF 500- en MF 700-geenbewerkingreekse vir rygewasse, beskikbaar met 2, 4, 6 en 8 rye. ’n Wye verskeidenheid kouters, tande en skoonmakers verseker plantproduktiwiteit ongeag jou bewerkingsmetode.

Plant positief
Die MF 555-planter met sy positiewelugdruk-uitmeetstelsel is bekend vir sy sagte hantering van saad en akkurate spasiëring en diepteplasing. Dié planter het ’n reputasie dat dit opbrengste van veral mielies, sonneblom, grond-, soja-en droëbone verhoog.

Jaco Strauss, wat in die distrik Jan Kempdorp boer, gebruik ’n MF 555- agtryplanter om 500 hektaar grondbone, mielies en sojabone onder besproeïng te plant. Die rywydte is 45 cm vir grondbone en soja, en 75 cm vir mielies.

“Ek is baie tevrede met die MF 555,” sê Jaco. “Sy saadspasiëring is baie akkuraat, saad word op presies die regte diepte geplaas en daar is baie min foutpitte. Die plantestand is gevolglik uitstekend.”

Die MF 555 laat saad elke keer van presies dieselfde plek op die rand van die plaat los, wat ’n konstante saadspasiëring verseker. Die kort afstand na die grond en minimale kontak met die saadbuis verbeter ook spasiëring. “Daarby hanteer die uitmeetstelsel saad baie sag, wat veral ’n verskil maak by grondbone,” sê Jaco. “Met die MF 555 bly die skilletjie van grondboontjies, wat teen ’n laer druk geplant word, heel en geen pitskade kom voor nie.”

Vir maksimum beheer en gemoedsrus gebruik Jaco ’n MF-moniteringstelsel, waarmee hy deurgaans vanaf die trekker kan monitor hoeveel kilogram saad toegedien word, wat die afstand tussen saad is en wat die plantestand per hektaar is. Sensors in die saadbuis dui saadvloei en plantestand aan, en indien daar enige probleem is, weet jy dit onmiddellik.

Lae onderhoud – ook omdat die MF 555 danksy die uitmeetstelsel geen seëls het wat vervang hoef te word nie – is nog ’n pluspunt. “Die MF 555 het min slytasie en is baie robuust – hy hou net aan met plant,” sê Jaco. MF 555-planters plant byna enige rygewas met gemak: onder meer mielies, sojabone, sonneblom, eetbare bone, katoen, sorghum en grondboontjies.

Plant vir bewaring
Swaardienswerkverrigting en akkuraatheid is maar twee van die eienskappe wat Massey Ferguson
geenbewerkingplanters gewild maak. Drie reekse is beskikbaar: die MF 700-reeks met vyfry 90 cm- tot 15- ry 45 cm-eenhede, die MF 500-reeks met driery 90 cm- tot 20-ry 45 cm-eenhede en die meganiese MF 100-reeks met vyfry 90 cm- tot tweery 45 cmeenhede. Jan Grey en sy pa, Vos, van Bethal het vyf jaar gelede begin oorskakel na bewaringsbewerking en hulle het daarvoor ’n MF 715-agtryplanter aangekoop.
 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Bloed is dikker as water

Grondvoorstelle bekommer landbou