in

Plaaslike beesvleispryse behoort te styg

beesvleis rou

Plaaslik sal pryse na verwagting opwaarts neig weens ‘n verhoogde maandeinde-aanvraag. Internasionaal het verhoogde beesvleisvoorrade van Amerika en Suid-Amerika ‘n dempende invloed op die mark, volgens ABSA Agri Trends.

Plaaslik

Beesvleispryse was in die week van 25 Oktober stabiel. Pryse behoort ondersteun te word deur die hoër vraag in die warmer toestande. Die voorspelde ABSA-beesvleispryse was as volg: Klas A-pryse is 1,12% hoër teen R38,07/kg en Klas C- pryse is 0,31% hoër teen R32,45/kg. Die gemiddelde speenkalfprys was 0,76% laer teen R20,49/kg. Huidpryse was R15,17/kg vir ‘n groen vel, wat 0,10% hoër is as die vorige week. (NB*  Huidpryse word deur die RMAA se gemiddeld asook onafhanklike maatskappye bepaal.)

Bulmark-faktore

  • Pryse sal ondersteun word deur inkopies wat aan die einde van die maand gedoen word.
  • Pryse sal volgens seisoenale neigings van nou tot en met die feesseisoen styg.
  • 9,33% minder beeste is in die week van 25 Oktober geslag vergeleke met die vorige week.

Beermark-faktore

  • Verbruikersweerstand teen hoë pryse kan negatief inwerk op die vraag na beesvleis en dus ook op pryse.

Internasionaal

Gedurende die week van 25 Oktober 2016 het Nieu-Seelandse bulle meestal laer verhandel teen 5,38NZ$/kg en koeie het dieselfde verhandel teen 3,95NZ$/kg vergeleke met die vorige week.

Beesvleis het as volg meestal hoër verhandel in Amerika: binneboud was 1,04% laer teen $184,05cwt, kruiskyf het 16,11% laer verhandel teen $226,23/cwt en lendeskyf het 15,65% laer verhandel teen $377.21/cwt. Dikrib het 3,32% laer verhandel teen $196,11/cwt en borsstuk het 3,83% laer verhandel teen $193,74/cwt. Die  karkas-ekwivalent in Amerika was  8,63% laer teen $229.06/cwt.

Bulmark faktore

  • Volgens die Amerikaanse departement van landbou het beeste in voerkrale in September met 1,9% afgeneem en bemarking het met 5,5% gestyg.
  • Australiese beesvleisproduksie sal na verwagting afneem ná boere hulle kuddes opbou na die reën. Dit ondersteun pryse.
  • Die Amerikaanse departement van landbou het voorspel dat uitvoere in 2017 tot 9,7 miljoen ton sal styg weens verhoogde skeepsvragte na Asië. China bly die beesvleismark wat die vinnigste groei, aangehelpdeur die heropening van sy mark vir Argentinië en Brazilië.

Beermark faktore

  • In die Amerikaanse mark is daar gedurende die weekvan 25 Oktober ‘n totaal van 602 000 beeste geslag, ‘n styging van 0,2% (of 1 000 beeste) sedert die vorige week en 8,9% meer as ‘n jaar gelede. Hoër voorrade in die Amerikaanse mark plaas afwaartse druk op pryse.
  • Gevriesde beesvleisvoorrade het in September rekordvlakke bereik.
  • Die Amerikaanse departement van landbou voorspel dat wêreldwye beesvleisproduksie in 2016 met ongeveer 1% sal styl en met nog 1% in 2017 sal styg tot by 61,3 miljoen ton. Dit is weens groter voorrade van Amerika en Suid-Amerika.

Bron: RPO Bulletin

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Goliat-van-Gat

Goliat van Gat Pampoenfees 2017

grappe

Dom Boer se lag vir die dag: