in

Plaasaanvalle geniet hoëvlak aandag

Foto: Pixabay

This post is also available in: Afrikaans

Die voorkoms van plaasaanvalle en -moorde op boere en plaaswerkers het die afgelope tyd baie aandag geniet op regeringsvlak en tydens die debat in die Parlement die afgelope week.

“Die veroordeling van die ernstig misdaad deur verskeie regeringslui word deur Agri SA verwelkom, dit is asof ‘n nuwe golf van die veroordeling van plaasaanvalle oor die land spoel en die erkenning daarvan as ‘n probleem. Dit het weer nuwe momentum gegee om op regeringsvlak oplossings hiervoor te vind. Die toets aan die einde van die dag sal lê by daadwerklike optrede deur die regering en die volledige implementering van bestaande beleid en die Landelike Beveiligingstrategie om plaasaanvalle te voorkom”, sê Pierre Vercueil, president van Agri SA.

Agri SA verwelkom ook die aankondiging van die adjunkpresident, David Mabuza, om Vrydag ‘n vergadering te reël met die Inter-ministeriële komitee op Grondhervorming en Landbou om die onlangse toename in plaasaanvalle te bespreek en oplossings vir die gewelddadige aanvalle te vind.

“Ons verwelkom ook die adjunk-president en die minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling se veroordeling van plaasaanvalle en die erkenning wat hulle gee aan die belangrike rol wat die landbou in die ekonomie speel” sê Vercueil.

Die minister van Polisie het gister besoek afgelê aan die Normandien-gebied na die naweek se dubbele plaasmoord waar hy met rolspelers en die boerderygemeenskap vergader het. Volgens, Kwanalu, ‘n affiliasie van Agri SA, het boere en plaaswerkers die geleentheid gehad om hulle kommer oor plaasaanvalle met die minister te deel. Die minister het gesê dat hy oor twee weke terug sal wees om te bepaal watter vordering met die saak gemaak is. Die gemeenskap hou ook vanoggend ‘n gebedsgeleentheid oor plaasaanvalle.

Die Voorsitter van die Portefeuljekomitee op Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Inkosi Mandela, het in die Parlement gesê, dat aanvalle op plase bedreig voedselsekerheid, werkskepping en die ekonomie van die land, dat boere en plaaswerkers veral kwesbaar is omdat hulle ver van essensiële dienste is en dat hulle die beskerming van die polisie moet geniet. Agri SA stem saam met sy siening en daarom is dit belangrik dat boere en plaaswerkers die nodige beskerming moet geniet. Volgens Vercueil is dit is een van die sektore van die ekonomie met wie die meeste landsburgers elke dag ‘n afspraak om die etenstafel het en sorg dat daar genoeg kos in die land beskikbaar is.

“Dat boere en plaaswerkers beskerm moet word as ‘n bate vir die land weens die rol wat hulle speel om by te dra tot nasionale stabiliteit is ‘n uitgemaakte saak. Agri SA sal daarom saam met die polisie werk aan die volledige implementering van die Landelike Beveiligingstrategie en die daarstel van ‘n landbou vriendelike reservistestelsel”.

In aansluiting by die voorsitter van die Portefeuljekomitee vir polisie, Tina JoematPettersson dat die polisie landelike gebiede moet beskerm, sê Tommie Esterhuyse, voorsitter van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid dat, “Agri SA reeds gesprekke hieroor met die polisie gehad het en dat hy uitsien om verder saam te werk binne die ooreengekome taakspanne om hieraan uitvoering te gee.”

Bron: Agri SA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

If you’re passionate about cultivation, TOTAL AGRI Lubricants are the perfect partner for you

From the farm to 3D, John Deere Africa makes history