This post is also available in: Afrikaans
“Dis net genade,” sê die kampioen-boere wat vanjaar die eerste prys in die Pioneer Weeg en Wen-kompetisie verower het.
Bossi Ferreira van NMTB-boerdery naby Piet Retief is as die kampioen aangewys met ’n uitstekende mielie-oes van 15,224 ton per hektaar op droëland. Die kultivar wat Bossi gebruik het was die Pioneer P1197YHR. Dit is nie die enigste kultivar wat Bossi geplant het nie:
“Ek het die afgelope seisoen slegs sowat 20 hektaar van dié kultivar geplant, maar ek sal volgende jaar beslis meer plant,” sê Bossi.
Behalwe vir die deel van die land wat vir die kompetisie ingeskryf was, het die P1197YHR oor die algemeen sowat 2 ton per hektaar meer gelewer as die ander kultivars op die plaas. NMTB-boerdery plant elke seisoen vier verskillende kultivars om ’n goeie balans te handhaaf en ’n betroubare oes te verseker.
Die land waar die 15,224 ton per hektaar gestroop is, was die jare vantevore ’n tamatieland. Die grond is oor die jare goed opgebou met die nodige voedingstowwe. Bossi het niks anders met die land gedoen as wat hy met die res van sy gewasse gedoen het nie. “Al die landerye het dieselfde kuns-mis en topbemesting gekry,” vertel hy. “Mense moet ook in ag neem dat ons vanjaar ideale toestande in die gebied gehad het. Ek sal graag wil sien hoe goed die kultivar presteer wanneer dit dalk bietjie droër is; nie dat ’n mens vir droogte vra nie,” sê Bossi.

Die kampioen-boer in die afdeling vir besproeiingsgewasse is Wim van Bergen van Backhouse-landgoed buite Douglas. Hier was dit ’n spanpoging van Wim, sy seun, Jouke, en die plaasbestuurder, Dolf Swiegers, wat die wen-oes gestroop het. Die Pioneer-kultivar 31D22BR het gesorg vir ’n uitstekende 18,248 ton per hektaar.
Wim van Bergen skryf die sukses toe aan goeie bestuur. “Dis ’n wetenskap. Jy moet alles reg bestuur, van die grond en saad tot besproeiing en kunsmis. Maar sonder genade van Bo sal niks hiervan slaag nie,” sê Wim.
Dié boerdery neem ook deel aan die GWK-presisieboerderyprogram en glo dat ’n wetenskaplike benadering tot die boerderypraktyke die heel beste uitslae lewer.
Dolf Swiegers is al vir vyf jaar plaasbestuurder by Van Bergen-boerdery. Dolf sê dat die grond se voginhoud gereeld gemeet is en dat die besproeiing dan daarvolgens aangepas is. “Mense maak dikwels die fout om die grond te nat te maak. Te droog is ook nie goed nie. Dit kos fyn bestuur om die lande se voginhoud op die mees doeltreffende vlakke te hou,” verduidelik Dolf.
Albei die kampioen-boere word deur Pioneer op ’n reis na die VSA gestuur om daar te gaan kyk hoe die Amerikaners boer.
Buiten die twee kampioene was daar ook natuurlik die streekswenners in die verskillende afdelings van sojabone, mielies en sonneblom.
Die wenners lyk so:
SOJA






Sonneblomme

Mielies





Gaan loer gerus na Pioneer se produkte op Agri4all.com