in

Pampoene vir liefdadigheid

Die Goliat-van-Gat pampoenfees is die afgelope naweek op ‘n bewolkte Saterdag by die Pretoria Ou-motorklub langs die Pioniersmuseum gehou. Die bewolkte weer en die feit dat die droogte waarskynlik ‘n rol gespeel het om die aantal inskrywings te knou, het geen afbreuk gedoen aan die gees en die grootste pampoen onder die grotes nie.  

Die grootste pampoen by die fees was 388 kg, wat verlede jaar se grootste pampoen van 328 kg goed ore aangesit het en in totaal is 559 kg se pampoene ingeweeg. Dit is aansienlik minder as ander jare, daar was vroeër al tot 3 000 kg in totaal gewees.

Die grootste pampoen van 388 kg, genaamd Snowball, is met ‘n Nissan 1400-bakkie na die terrein geneem. Die kwekers van die pampoen Hugo le Roux en Mariëtta Nel. Hugo, Mariëtta en hulle hele familie was by die fees om te spog met hulle groot pampoen en het ook oranje T-hemde by gedra. Hulle staan bekend as Team Fluffy en die wenpampoen se pit kom van Kanada af. Hierdie span was ook verlede jaar se wenners.

Die wêreldrekord vir die grootste pampoen is 1 054 kg en Suid-Afrika se rekord is 504 kg.

Twee boeties van Centurion het die prys vir die oorspronklikste pampoen gewen. Dit is ‘n Turkse pampoen en hul oupa, Theuns Erasmus, het die prys vir hulle gaan afhaal.

Onder die junior inskrywings (kinders onder 16) het Elri van Aarde ‘n eersteplek behaal. Sy is maar net drie jaar oud en woon jaarliks die pampoenfees by.

Tradisionele boeredanse is uitgevoer, jong kunstenaars het hulle stemme laat hoor en die kosstalletjies is goed ondersteun. Uitkyk Vleismark is die hoofborg van die geleentheid.

Volkshulp 2000 verwerk die pampoene wat by die fees ingesamel is en deel dit dan aan behoeftige mense uit.

Verskeie stalletjies was by die pampoenfees.
Verskeie stalletjies was by die pampoenfees.
'n 50 kg pampoen wat by die fees ingeweeg is.
‘n 50 kg pampoen wat by die fees ingeweeg is.
Terwyl hulle besig is om die pampoene te weeg.
Terwyl hulle besig is om die pampoene te weeg.
Die tradisionele boeredanse word opgevoer.
Die tradisionele boeredanse word opgevoer.
Die kinders speel lekker by die pampoene.
Die kinders speel lekker by die pampoene.

DSC_0515

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Vrugtekerrie

Edenburg skenk voer aan boere