in

Outydse doekpoeding

Lewer 10-12 porsies

  • 600 g pitlose rosyne
  • 150 g (250 ml) korente
  • 150 g (250 ml) versuikerde vrugte soos pynappel, kersies en vye, gekap
  • 300 g (500 ml) dadels, fyn gesny
  • 25 ml versuikerde sitrusskil
  • 50 ml brandewyn
  • 12,5 ml sjerrie
  • ’n vierkantige doek van ongebleikte linne
  • Holsum
  • 60 g (250 ml) vars witbroodkrummels
  • 125 ml melk
  • 422 g (875 ml) koekmeel
  • 12,5 ml bakpoeier
  • 10 ml fyn kaneel
  • 2 ml gerasperde neutmuskaat
  • 5 ml fyn gemmer
  • 2 ml sout
  • 230 g (250 ml) botter of margarien
  • 5 eiers
  • 200 g (250 ml) bruinsuiker
  • 10 ml koeksoda
  • 50 ml melk
  • 37,5 ml appelkooskonfyt
  1. Berei die vrugte voor. Giet die brandewyn en sjerrie oor, bedek dit en laat dit oornag staan.
  2. Berei ’n doek voor deur ’n vierkantige doek van ongebleikte linne te gebruik. Maak dit nat en droog goed uit. Smeer dit met Holsum en bestrooi met meel.
  3. Week die broodkrummels in 125 ml melk.
  4. Sif die koekmeel, bakpoeier, speserye en sout saam en vryf die smeer in.
  5. Klits die eiers baie goed en klits die bruinsuiker by. Los die koeksoda op in die 50 ml melk en klits die koekso­damengsel by die eiermengsel.
  6. Voeg die krummels en die eiermengsel by die droë bestanddele om ’n stywe beslag te maak. Gebruik ’n bietjie ekstra melk, indien nodig. Die beslag moet styf wees, anders sal die vrugte afsak.
  7. Roer die appelkooskonfyt by die vrugtemengsel, voeg dit by en meng dit goed.
  8. Plaas ’n emaljebord op die boom van ’n groot genoeg kastrol. Dit voorkom dat die doek en die poeding brand. Maak die kastrol ± een derde vol kookwater. Skep die deeg in die middel van die doek. Die punte en kante van die doek word in een hand bymekaargevat en met ’n toutjie bokant die hand vasgemaak om ruimte te laat vir die poeding om te rys. Plaas die poeding op die bord in die kokende water, sit die deksel op en stoom die poeding 4-4½ uur lank. Moenie die deksel binne die eerste uur oplig nie. Vul die water met kookwater aan indien nodig.
  9. Die beslag kan ook in ’n moderne poedingvorm gestoom word.

Uit: Lekker & Vinnig 6: Tradisionele kos – LAPA samestelling ( bl. 40-41)

 

What do you think?

-1 points
Upvote Downvote

Total votes: 1

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 1

Downvotes percentage: 100.000000%

New technology ensures smooth irrigation

Dom Boer se lag vir die dag: