in

Organisasies bots oor leeujag

Die Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika (PHASA) het aangekondig dat hulle gekant is teen die jag van leeus wat in aanhouding geteel is. Hulle voer aan dat hulle die ondersteuning van verskeie sektore in die internasionale jaggemeenskap geniet.

Die voorsitter van PHASA, Stan Burger, het gesê dat internasionale organisasies en hulle lede se kliënte verlig is dat PHASA hulle distansieer  van ‘n praktyk wat jagters as ‘n verleentheid beskou.

Volgens Stan is die enigste uitsondering die Suid-Afrikaanse Roofdiervereniging (SAPA), wat die leeuteel- en jagbedryf verteenwoordig.

 “PHASA het saam met SAPA ’n standaard probeer stel vir die teel en jag van leeus, maar die poging het misluk,” sê Stan.

SAPA het beweer dat PHASA deur ander partye verkeerd ingelig word.

Stan sê: “Ons het die besluit geneem deur ons rolspelers se menings in ag te neem en almal was dit eens dat die jag van leeus wat in gevangenskap geteel is onaanvaarbaar is en ’n bedreiging vir die toekoms van trofeejag inhou.”

Phasa hoop dat SAPA sal besef dat die langtermynvolhoubaarheid van die leeubedryf belangriker is as die korttermyn winste van hulle lede.

Bron: PHASA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Dom Boer se lag vir die dag:

‘n Kwart minder mielies geplant