in

Onwettige handel bedreig 10 000 werksgeleenthede in die tabaksektor

tobacco

Die onwettige handel in tabakprodukte vernietig die waarde van die tabak, wat werksgeleenthede en die bestaan van opkomende- en kommersiële boere in gevaar stel.

Dit was die boodskap by die Jeppes Reef Boeredag in Nelspruit, wat deur die Limpopo-tabakverwerkers aangebied is.

Tabakvolumes het sedert 2012 afgeneem, toe die totale produksie 13,5 miljoen ton was, vergeleke met 2016, toe slegs 11,3 miljoen ton geproduseer is – ‘n daling van meer as 2 miljoen ton.

“Ons bedryf is onder beleg van onwettige handelaars wat nie net goedkoop sigarette verkoop nie, maar ook die blaar buite ons grense bekom,” sê Christo van Staden, die besturende direkteur by Limpopo-tabakverwerkers.

“Voorgestelde regulasiewysigings van gewone verpakkings- en kleinhandeluitstallingsbeperkings vir alle tabakprodukte sal ook die plaaslike tabakboerdery verder onderkry,” sê hy.

Limpopo-tabakverwerkers se grootse kliënt is British American Tobacco South Africa (BATSA), wat meer as 85% van die tabakblaar wat in die land gekweek word verkry.

BATSA se hoof van buitelandse sake, Joe Heshu, sê die groei van die onwettige tabakhandel, wat 47% van die totale tabakmark verteenwoordig, maak dit een van die grootste in die wêreld en verteenwoordig ‘n duidelike en regstreekse gevaar vir die bedryf.

“Dit sal baie moeilik wees om verdere beleggings in tabakproduksie in Suid-Afrika te regverdig, terwyl die volumes weens die onwettige handel daal. BATSA se Opkomende Boereprogram, wat daarop gemik was om die tabaksektor te transformeer is ook onder bedreiging. Verlede jaar het die program vanaf 33 tot 155 boere vergroot,” sê Joe.

Bron: Limpopo-tabakverwerkers

What do you think?

-1 points
Upvote Downvote

Total votes: 1

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 1

Downvotes percentage: 100.000000%

wol

Wolmark styg steeds

Dom Boer se lag vir die dag: