in

Ontmoet die nuwe veelsydige 6170M

“Trekkers wat hard werk, moet betroubaar wees,” sê Cobus Botha wat tussen Winterton en Bergville boer. “Jy moet ook seker maak dat jy bybly met die tegnologie, veral as dit kom by trekkers wat gebruik word vir iets soos plantwerk.”
 

Cobus Botha van Winterton sê die nuwe John Deere 6170M pas perfek voor sy 8-ry geenbewerkingplanter.

Cobus het net voor die vorige plantseisoen vir hom die spiksplinternuwe John Deere 6170M-trekker aangeskaf en hy is so in sy noppies met die trekker se prestasie, dat hy nog een vir die volgende seisoen bestel het. Die trekker pas perfek by sy John Deere 2113 Central Seeder 8-ry geenbewerkingplanter. Die 6170M van 127 kW is ’n klein bietjie groter as sy ander plantertrekkers en saam met ’n hele pakket nuwe tegnologie kan die trekker die planter met groot gemak hanteer; so ook die skotteleg en selfs die 5-skaarploeg wat op sekere dele van die plaas ingespan moet word.

 
“My trekker werk nie so hard nie en ek spaar geld en tyd,” sê Cobus. Hy het uitgewerk dat hy met die ploeg agter die 6170M net 10 liter diesel per uur gebruik, teenoor sy vorige 14,4 liter.
 
“Ons ploeg nie groot nie, want 60 persent van ons lande is op ’n geenbewerkingstelsel, maar as ek soveel met die ploeg kan bespaar, dink net hoeveel bespaar ek met die res.” Cobus sê die 6170M vul na sy mening ’n gaping in die mark tussen die ou 6-reeks en die groter John Deerebulle, sonder om enige tegnologie in te boet. “Hy het alles in wat die grotes in het, hy is net ’n bietjie kleiner. Dit pas perfek in my boerdery in.”
 
Sy trekker is toegerus met Green-Star-tegnologie wat hy gebruik vir presisie-plantwerk en wisselende kalktoediening volgens die grond se presiese behoefte. Nog pluspunte van die 6170M is die groter kajuit met beter sig, die gebruikersvriendelike kontroles onder jou regterhand, ’n aanboordrekenaar en die groter brandstoftenk wat ’n allemintige 406 liter diesel kan hou. In vergelyking met sy vorige 6-reeksmodelle het hy ook hoër grondvryhoogte met 42” bande agter, wat sy vastrap aansienlik verbeter.
 

n Vrag nuwe tegnologie skuil onder die 6170M se enjinkap. Let ook op die wiel se skerp krinkaksie wat onnodige heen-enweerstotery op die wenakker uitskakel.

Die olieverkoelde kragaftakker en PowerFill™-remme (standaard aan die 6170M) sorg vir gladde inskakeling en betroubare stopkrag. Hierdie remme en koppelaars hou langer en gee die operateur volkome beheer oor die masjien.

 
Cobus koop al sy John Deere-toerusting by Mascor op Winterton, wat een van John Deere se tophandelaars is, maar hy het nog nie rede gehad om hulle te bel oor iets wat verkeerd gegaan het aan die trekker nie. So met ’n knipoog: “’n John Deere breek mos nie.”
 
Sou die trekker wel herstelwerk nodig hê, kan dit maklik en vinnig geskied as gevolg van John Deere se vasteraamonderstel. Dit is nie nodig om ’n John Deere te split om by belangrike onderdele uit te kom nie en modulêre montering op die vasteraam beteken ook dat jy nie alles wat werk uitmekaar hoef te haal om by die seerplek uit te kom nie.
 
Die 6170M se vasteraam van 2 800 mm dra ook by tot die trekker se besondere sterk hysvernuf van 7 000 kg op die driepunt. Dit is ook moontlik om met ’n driepunthyser aan die trekker se neus tot 4 000 kg te lig. Die 6170M is dus nie net vir taai sleepwerk geskik nie, maar ook vir al daardie swaar driepuntgemonteerde werktuie.
 
So lyk die reeks
Die nuwe 6M-reeks vervang die ou 6430 tot 6930-modelle en loop van 6105M (78 kW) tot Cobus se bielie, die 6170M (127 kW).
 
Die kleiner modelle, tot by die 6140M, word aangedryf met ’n viersilinderenjin van 4,5 liter, en die twee grotes, die 6150M en 6170M, het kragtige sessilinderenjins van 6,8 liter. Al die enjins spog met John Deere se jongste verkoelingstelsel en voldoen aan Vlak 3 verminderde vrystellingsvereistes. ’n Verbeterde hidrouliese stelsel sorg vir meer krag en blitsige reaksie en dan is die 6170M nog so slim om te kan aanvoel of hy meer krag vir ’n vrag nodig het. Hoëdruk skop vanself in en as die vrag nie so swaar is nie, bly hy in laedruk vir beter brandstofverbruik en om die las op die enjin en hidrouliese stelsel te verminder.
 
Die hele reeks se hysvermoë is met ongeveer 10% verbeter. By die kleiner trekkers beteken dit maksimum hyskrag van 4 900 kg tot by die 6170M se 7 000 kg. Agter aan die trekker kan tot vier
Dubbelwerkende hidrouliese aftappunte gemonteer word, sowel as koppelings vir werktuie wat hulle eie hidrouliese motors gebruik.
 
Die 6170M het ook PowrQuad™- kragoordrag, wat vier koppelaarvrye oorskakelings bied
vir ratse, gladde beweging en operateursgerief.
 
Vind uit hoe die 6M-reeks in jou boerdery kan pas. Bel Carel Theron by 082-802-2209 of stuur n

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Senter 360 is anders as gewone spilpunte

ASUF kry nuwe voorsitter, maar verloor sakebeen