in

Onsekerheid-rem-wolmark

Wolpryse het weer skerp op vandeesweek se veiling gedaal. Die Australiese mark het ook teruggesak.
 
Die swakker rand wat met 3,3% teenoor die Amerikaanse dollar verswak het sedert verlede week, het verhoed dat pryse verder daal.
 
Ontleders glo dat kommer oor die finansiële markte, eerder as ’n kleiner aanvraag, die grootste oorsaak was dat kopers katvoet geloop het.
 
Cape Wools se Merino-aanwyser het met 5,5% teruggesak tot R86,61/kg (skoonwol). Dit is bykans 6% laer as tydens die openingsveiling van die seisoen in middel Augustus vanjaar.
Die pryse van die meeste langwoltipes het met tussen 4% en 7% gedaal. In teenstelling met verlede week, was dit mediumwol wat dié week die meeste gedaal het.
 
Die gemiddelde skoonwolpryse van die lang kamwoltipes (MF5) van gehalte (minder as 1% saadinhoud) se pryse was soos volg: 
  • 19 mikron verswak met 4,4% tot R106,26/kg, 
  • 20 mikron was 5% goedkoper op R95,38/kg, 
  • 21 mikron daal met 6,2% tot R90,29/kg 
  • 22 mikron verswak met 6,5% tot R86,48/kg. 

Altesame 8 095 bale is aangebied, waarvan 87% verkoop het. Sowat 8 000 bale sal volgende week se veiling aangebied word.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Veldtog-begin-om-boere-te-“registreer”

DA-verskil-met-regering-oor-Walmart