in

Ons praat oor kruisteling – South Devon sit waarde in jou kudde

south devon

South Devon is miskien nie die grootste ras in Suid-Afrika nie, maar daar is ’n goeie kans dat presterende kommersiële kuddes wel genetika van dié vrugbare, rooi ras ingekry het. ’n South Devon-bul maak ’n verskil!

Dit is nie sommer enige koei wat ’n Elite-platinumprys losslaan nie. Een van John Miller van Cathcart en ook voorsitter van die South Devon-telersgenootskap se koeie het vanjaar die prestasie behaal. John sê dit bewys dat hulle ’n wenresep volg op die plaas en dat die besluit om voort te gaan met hulle South Devon-stoet die regte een was.

Heelwat telers het in die 1970’s geskuif na nuwe opkomende rasse om iets anders te probeer, maar dit is nie so maklik om ’n ras wat al meer as ’n eeu in die land is te laat verdwyn nie. Die groep telers wat vasgebyt het, het moeite gedoen om met die regte genetika ’n mediumraam, geensukkelbees te teel wat uitstekende kruisteelwaarde toon.

Op die wêreldkongres van die Internasionale Federasie vir South Devon-telers wat onlangs in Port Elizabeth gehou is, het Charl Hunlun, ’n rasraadgewer van Bloemfontein, gesê daar was verlede jaar op produksieveilings te min bulle om in kommersiële beesboere se behoefte te voorsien.

Saam met die aanvraag kan voorsien word dat dit ook meer lonend en aantreklik sal raak om wel as ’n teler by die genootskap betrokke te raak. Op die oomblik kan van die beste bulle in die ras steeds teen bekostigbare pryse aangekoop word. Die gemiddelde prys verlede jaar was in die omgewing van R35 000. Dit sal kommersiële boere wat in die winterveilingseisoen na goeie bulle op soek is, dus loon om met een van die South Devon-telers te gesels. Kyk gerus na die lysie aan die einde van die artikel!

Kruisteelwaarde van die South Devon

“Die eerste kruising lewer ’n uitstekende dier, ongeag waarmee dit ook al gekruis is. Boere sal dit dadelik aan hulle sak voel danksy die swaarder speenkalwers wat hulle gaan kry,” het Charl Hunlun ook op die wêreldkongres gesê.

John Miller som die eienskappe wat South Devon in die kudde indra soos volg op:

  • Uitstekende voeromsetverhouding
  • Koeie met goeie melkeienskappe
  • Goeie temperament
  • Kort tussenkalfperiode
  • Rooi huid
  • Mediumraambeeste (450 – 500 kg)
  • Bekostigbare bulle
  • Poenskopfaktor
  • Kalwers wat gemiddeld 230 kg speen

Jan Morrison, ’n beesboer van Winburg in die Vrystaat, het ’n paar jaar gelede in die telersgenootskap se nuusbrief geskryf dat hy groot sukses behaal het met South Devon-Afrikanerkruisings. Hy sê sedert hy die South Devon-bulle begin gebruik het was daar ’n merkwaardige verskil in sy kudde ten opsigte van vrugbaarheid en maklike kalwing. Hy sê geen kalf moes by verse of koeie getrek word sedert hy die South Devon-bulle begin gebruik het nie. “Maklike kalwing is vir my ononderhandelbaar.”

Hy sê sy vroulike nageslag se raam raak nie groter nie. Die diere bly kompak, maar hy het geen speengewig ingeboet teen ander groterraambulle wat vroeër gebruik is nie. Sy Devon-kruisings het ook uitstekend gevaar as embrio-ontvangers.

Die rustige temperament van die Britse bees het ook ’n sigbare invloed uitgeoefen op die kruisings met Afrikaners en Brahmane.

In Amerika vertel Lee Leachman van Colorado dat sy F1-kruisings met South Devon tot 23% beter speengewig tot gevolg gehad het. Hy sê die South Devon is die moederlyn wat nodig is vir die kommersiële vleisbedryf in Amerika. Eienskappe soos vroeë geslagsrypheid, vrugbaarheid, gemaklike kalwing, baie melk, goeie moedereienskappe, langlewendheid en aanpasbaarheid by die omgewing is die voordele wat ingedra word. Daarby behou kruisings met Angus die uitstekende marmering van Angusvleis.

In Australië word die Britse ras ook verwelkom in kruisteelprogramme. Daar word al die goeie moedereienskappe verwelkom en ook verwys na die goeie voeromset, die vermoë om van die veld af te presteer, weerstand teen opblaas, die afwesigheid van oogprobleme en aanpasbaarheid by Australiese klimaat.

Waar die Amerikaners vir groter raam selekteer, verkies die Australiërs, net soos die plaaslike boere, die mediumraambeeste. Die South Devon-telersgenootskap van Australië sê waar 10 koeie van 550 kg in ’n bepaalde gedeelte kan wei, kan 12 tot 13 koeie van 450 kg op dieselfde weiding presteer. Dit beteken meer kalwers en dus meer totale kalfmassa en uiteindelik meer geld in die sak.

Verskeie kruistoetse is gedoen met die volgende voordele:

  1. Devon-Angus het verbeterde weidingsvermoë en voeromset getoon, meer doeltreffende koeigrootte, beter temperament, meer opblaasweerstand, poenskopgene word oorgedra en bulle hoef nie so gereeld vervang te word nie.
  2. Devon-Hereford het onder meer oogprobleme verminder, kalwingsgemak en moedereienskappe verbeter, beter voeromset en weidingsvermoë, asook minder bulvervanging meegebring.
  3. Devon-Shorthorn-kruise het beter karkasse getoon en soos hierbo genoem die moederseienskappe en voeromset van weiding af verbeter.
  1. Devon-Bos Indicus-rasse: Hier het South Devons goeie basterkrag ingedra, wat gehelp het met vrugbaarheid en vroeër geslagsrypheid, asook prestasie van die veld af. Die rooibruin kleur en die rustige temperament is verwelkom.
  2. Devon-Europese-kruise: Die Australiërs het gevind dat South Devon-bulle goed ingespan kan word om kommersiële kuddes terug te teel na sagter en makliker hanteerbare beeste.

Vir meer inligting oor die South Devon-ras, kontak June Wiid by 051-410-0935, june@studbook.co.za of besoek www.southdevon.co.za.

Waar is die goeie genetika?

Klop gerus by een van die volgende telers aan om die voordele van kruisteling met South Devon in jou kudde in te dra:

Naam & e-pos:

Attie Du Plessis

atyol@nwisp.co.za

Coligny, Noordwes

018-673-2180

082-891-0202

Gielie & Barrie van Zyl

bfhboerdery@vodamail.co.za

vzylvleis@gmail.com

Kimberley, Noord-Kaap

053-833-2322

083-459-7616

Dan Kriek

dankriek@internet-sa.co.za

Tweeling, Vrystaat

082-944-0566

John & James Miller

johnm@breede.co.za

james@breede.co.za

Cathcart, Oos-Kaap

045-8431736

John: 083-659-8269

James: 082-320-0263

Tielman Nieuwoudt

nieubaden@nwet.co.za

Schweizer-Reneke, Noordwes

082-524-8544

PD Roets

benvaleboerdery@gmail.com

Barkly-Oos, Oos-Kaap

045-971-9048

082-645-9373

Marizelle van Niekerk

marizellevn@hotmail.com

Harrismith, Vrystaat

058-625-0063

082-829-2687

South Devon
Die bul, Nieubaden Bismarck, is geteel deur Tielman Nieuwoudt. Die bul het by 2017 se Bloemfonteinskou SA
Stamboek en Vleissentraal se Elite Bul-groeitoetsklas gewen. Nieubaden Bismarck loop tans by die Bellary-stoet
van Dan Kriek.
south devon
SD X Afrikaner-tipe kruising
south devon
SD X Angus-tipe kruising

south devon
SD X Brahman-tipe kruising

What do you think?

-1 points
Upvote Downvote

Total votes: 1

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 1

Downvotes percentage: 100.000000%

Vrotpoot: Bestuur is die beste bestryding

agri afrika

Agri Afrika bied nou nog meer keuses vir keurige boere