in

Onderdele-vir-Afrika

Blitsige diens van die Kaap tot neffens die Sahara – dit is waarna die AGCO-groep in Afrika streef. Om hierdie diens makliker, beter en vinniger te maak, is daar vandag ‘n moderne tegnologies gevorderde onderdelestoor naby die lughawe in Kemptonpark geopen.

 agco, image

Die stoor huisves onderdele vir AGCO se Massey Ferguson-, Valtra- en Challenger trekkers. Die stoorruimte is 6 500 m² groot en daar kan 40 000 onderdele aangehou word.

Handelaars van regoor Suid-Afrika en maatskappyverteenwoordigers het die opening van die stoor bygewoon.

 

Die lint is geknip deur Nuradin Osman, direkteur van AGCO verantwoordelik vir Afrika en die Midde-Ooste.

Inligting is gegee oor die moderne rekordhoudingstelsel wat die beweging van elke onderdeel van besteltyd tot aflewering volg.

Die rakke word so gepak dat die onderdele wat die meeste bestel word, nader aan die kante is.  Bouwerk aan die indrukwekkende gebou is in April verlede jaar begin en in November afgehandel. Natuurlike lig word gebruik om energieverbuik te verminder.

Hoewel die meeste standaard-onderdele per skip vervoer word, maak die ligging van die stoor dit moontlik dat daar in ‘n noodgeval binne ‘n dag of twee ‘n onderdeel van een van die fabrieke in Frankryk, Finland of Brasilië ingevlieg kan word.

 

 

 

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Jou-beeste-vra-die-beste:-Staalmeester-se-JF-C120-kuilvoerkerwer

Motorkar~wenkies