in

Oljaco-Game-Dealers

Die sterk groei wat Suid-Afrika se wildbedryf kenmerk, is lank nog nie naby ’n plafon nie, glo Coena Smith, bobaas wildkenner van Oljaco Game Dealers in Vaalwater. ’n Sleutelfaktor in die wildbedryf is wildhantering en -bemarking, en as dit reg gedoen word, is die bedryf se toekoms verseker.

Hanteer wild reg
Wild is waardevol en wildhantering is ’n wetenskap op sy eie. Elke wildsoort moet volgens sy eie aard en gewoontes hanteer word en daarvoor is deeglike kennis, rype ervaring en presies die regte toerusting nodig.

Al hierdie hoedanighede is uitmuntend gesetel in Oljaco Game Dealers, een van die voorste voorlopers in die wildbedryf met dekades se ervaring en kundigheid oor al die aspekte van wildboerdery en -hantering.

Oljaco is ’n stewig gevestigde familiesaak met die strewe om die beste wild-vangers in die wêreld te wees. Elke lid van die familie lewer ’n spesialisbydrae tot die geheel en kliënte is ingenome met die som van al hierdie bydraes.

Pa Coena Smith en sy drie seuns, Ole, Janco en Coena junior, is almal bekwame helikopervlieëniers wat in die wildvangbedryf grootgeword het. Dit is wonderlik om te sien hoe byvoorbeeld Ole se kennis van dieregedrag hom in staat stel om met sy helikopter ’n hele trop buffels se bewegings kalm en rustig te beheer sodat hulle verdoof en behandel kan word.

Coena se vrou, Corné, bestuur die geldsake en koördineer al Oljaco se bedrywighede; Ole se vrou, Naomi, is Oljaco se eie voltydse veearts; Janco se vrou, Jacomien, sorg as advokaat dat al Oljaco se sake altyd aan alle regsvereistes voldoen; en Coena junior se vrou, Tia, sorg met haar Toerismegraad vir Oljaco se bemarking en openbare beeld.
Oljaco_wild_helikopters
Oljaco het sewe doelgeskikte helikopters, sodat daar altyd genoeg helikopters beskikbaar is om kliënte te bedien.

Wildvervoer is ook ’n belangrike aspek van die wildbedryf en daarvoor het Oljaco sestien spesiaal toegeruste vragmotors met opgeleide personeel wat in wildvervoer spesialiseer. Die vragmotors is so ingerig dat wild so tuis en kalm as moontlik daarin voel om met die minste moontlike spanning na enige bestemming in die land vervoer te word.

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Boere-bekyk-skittertegnologie-by-Nampo

NKRPO~kongres:-Van-vleispryse-tot-runderpes-word-bepraat