in

Oktober 2016 se trekker- en stroperverkope

trekker

Volgens verwagtinge sal algehele trekkerverkope laer wees as verkope verlede jaar, dalk teen tussen 15 en 20% laer, of anders gestel, verkope van tussen 5 250 en 5 600 eenhede.

Trekkerverkope van 567 eenhede in Oktober is aansienlik (16%) laer as die 678 eenhede wat verlede Oktober verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope 14% laer as verkope vir dieselfde tydperk verlede jaar. Stroperverkope van 18 eenhede in Oktober is 10% laer as die 20 eenhede wat verlede Oktober verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope ongeveer 16% laer as verkope verlede jaar.

Reën het in sekere dele van die somergewasgebiede geval en sekere boere, veral boere in die oostelike dele, het reeds aangeplant. In ander dele is boere besig om aan te plant. Oor die algemeen is boere baie versigtig ten opsigte van besluite om landboutoerusting aan te koop. Dié neiging sal waarskynlik oor die korttermyn volgehou word. Banke tree ook baie konserwatief op wanneer finansiering oor die aankoop van masjinerie oorweeg word.

Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

haelstorm

Wat om te doen as jy in ‘n storm beland?

vliegtuig

Wil jy ‘n bietjie feestydvoggies die land inbring? Hier is wat jy oor invoere moet weet