in

Oesskatting: Opbrengs is minder as verwag

Die grootte van die verwagte kommersiele mielie-oes is 2% laer as die vorige skatting. Die skatting van die oppervlakte onder mielies beloop 2,699 miljoen ha, terwyl die verwagte opbrengs 4,01 t/ha is.

Volgens Marda Scheepers van die Departement van Landbou, Bosbou en Vissery is die mielie-oes op 10,837 miljoen ton gestel, wat 218 950 ton laer is as die vorige skatting. Die oppervlak onder witmielies is 1,636 miljoen ha en vir geelmielies is dit 1,063 miljoen ha. Die produksieskatting van witmielies is 6,193 miljoen ton, 166 200 ton minder as die vorige skatting. In die geval van geelmielies is die produksieskatting 4,644 miljoen ton, wat 52 750 ton minder is as vorige skatting. Die opbrengs van witmielies is 3,79 t/ha terwyl geelmielies op 4,37 t/ha is.

Die produksieskatting vir sonneblomsaad en grondbone is onveranderd gelaat op 527 110 ton en 60 290 ton onderskeidelik. Die oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 453 350 ha, met ‘n verwagte opbrengs van 1,16 t/ha. Vir grondbone is die oppervlakteskatting 45 450 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,33 t/ha is. Sorghum is ook onveranderd gelaat op 137 150 ton.

Die produksieskatting van sojabone is 655 700 ton, wat 17 850 ton minder is as die 673 550 ton van die vorige skatting. Die geskatte oppervlakte beplant met sojabone is 472 000 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,39 t/ha is.

Die oesskatting van koring is ook laer met die Die voorlopige skatting van die oppervlakte onder koring beloop 546 700 ha, wat 9,6 % of 58 000 ha minder is as die 604 700 ha wat verlede seisoen aangeplant is. Hierdie is die kleinste oppervlakte beplant met koring sedert die vroeë 1930’s.

Die sewende produksieskatting vir gewasse vir 2012 sal op 28 Augustus 2012 vrygestel word.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Die-Beefmaster-Nasionale-veiling-is-goed-ondersteun

Van-skeepswrak-tot-volkskat