in , ,

Oes groter winste met dié stropers

This post is also available in: Afrikaans

Hierdie komende stroopseisoen sal presisielandbou weereens op die voorgrond wees en jy kan gerus wees dat jy saam met John Deere die voordeel tydens oestyd sal sien. Presisie-landboutegnologie verseker akkurater stroopwerk en verhoogde konsekwentheid, produktiwiteit en werksverrigting.

Met John Deere, is presisie-landboutegnologie nou ’n allesomvattende oplossing en was dit nog nooit eenvoudiger en meer toeganklik nie.

John Deere streef daarna om dit vir elke boer makliker te maak om die voordele van hoë gehalte-inligting in te span, aangesien dit besluitneming vereenvoudig, wat op sy beurt weer winsgewendheid kan verhoog.

Een van hierdie voordele is outomatisering wat in die hedendaagse mark die sleutel tot doeltreffendheid is. John Deere-stropers, met outomatiese en intelligente funksies, sorg deurlopend dat die maksimum strooptyd deur die seisoen en lae bedryfskoste gehandhaaf word, ongeag buite faktore

Deur te verseker dat toerusting ten alle tye optimaal werk, word verliese verminder en winste dus gemaksimaliseer.

Die kern van John Deere-stropertegnologie en -doeltreffendheid is die opsionele Combine Advisor™-pakket om die belangrikste stroperfunksies in te stel, te optimaliseer en te outomatiseer wanneer toestande verander. Combine Advisor™ analiseer voortdurend die  stroper se werksverrigting en pas alle masjienfunksies daarvolgens aan om verliese te beperk en optimale produktiwiteit te verseker namate toestande in die land verander.

Nuwe aanbiedinge

Opgraderings is aan John Deere se stropertafels en plukkerkoppe gedoen vir verbeterde werkverrigting, ‘n optimale strooptyd en laer bedryfskoste. Dit word moontlik gemaak deur ‘n plukkerkop-beheereenheid (“Header Control Unit of HCU) wat doeltreffend met die stroper kommunikeer.

Die HCU stoor spesifieke fabriekskalibrasie-instellings en versamel en stuur inligting oor die wydte van die stropertafel of plukkerkop  na die stroper vir akkurate opbrengskaarte. Dit verkort die opstellingstyd en bied ’n akkurate instandhoudingskedule.

Die reeks stropertafels en plukkerkoppe sluit ’n vaste skarnierraam-snybalk (“Hinged frame cutter bar”), “Drapers”, RDF HydraFlex™ “Drapers”, ’n BP15-band-optelplatform (“Belt pickup platform”) en opvoubare (“Folding”, CF) en vaste (“Rigid”, CR) mieliestroperkoppe (“Corn headers”) in.

Die John Deere HDR Rigid Drapers is ideaal vir kleingraan- en kanolaprodusente wat in veranderende omstandighede en ongelyke of heuwelagtige terrein die hektare wat per uur gestroop word wil optimaliseer, terwyl meer graan geoes word.

Die HDR het ’n skarnierraam met ‘n ongeëwenaarde terrein-volg vermoë n uitsonderlike  wydte en ’n eenvormige snyhoogte. Dit vee die afgebuigde of platgedrukte gewas oor die snybalk om ’n groter deel van die oes te herwin en is beskikbaar in snywydtes van 30, 35, 40 en 45 voet om meer van die gewas by jou stroper uit te bring Met die opgradering van die 40 voet-“Draper” na die nuwe, groter 45 voet-weergawe, kan boere elke dag ongeveer 10% méér  land area dek vir dieselfde aantal werksure.

John Deere RDF (HydraFlex Drapers) is gebou op die bewese snytegnologie van die bestaande John Deere 700FD, terwyl dit nuwe funksies bied om graanverlies te verminder. Alle RDF HydraFlex Drapers bevat ’n nuwe tweesnelheid-voerafdeling waarmee bestuurders die voerdrom en die middelste voerbandsnelheid met 20% kan vertraag in vergelyking met die 700FD. Hierdie “Drapers” is steeds toegerus met die veldbewese John Deere-dubbelsnit-HydraFlex-snybalk van 10 cm met dubbele aandrywingskag. Die mes-stelsel bied bedryfseksklusiewe snyverrigting met 1 980 snitte per minuut.

John Deere bied ook die BP15-bandopteller vir kleingraan- en kanolaprodusente wat meer hektaar per uur wil oes. Die BP15 het verbeterde voersnelheid-aanpasbaarheid om groot volumes gewasse op ’n slag te hanteer met ’n standaard tweespoed- awegaaraangedrewe kettingrat wat 20% vinniger toevoersnelhede lewer indien nodig – ideaal vir die oes van kanola.

’n Nuwe reeks mieliestroperkoppe is ook ontwikkel. Vir gewasse wat leun, afwaarts neig of omgeval het, kan die vaste CR-mieliestroperkoppe toegerus word met aktiewe end-skermbalke wat meer mieliekoppe by die die stroperkop intrek.

John Deere se opvoubare CF-mieliestroperkoppe sluit al die kenmerke van vaste CR-mieliestroperkoppe in, maar bied ’n laeprofiel-vouraam en ’n vou-siklustyd van minder as 60 sekondes as dit aan die stroper gekoppel is.

“Die volledige pakket bied jou as kliënt die John Deere-voorsprong – ons volg nie, ons lei. Kontak jou naaste handelaar vir meer inligting, pasgemaakte oplossings, besparings en werksverrigting”.

John Deere Crop Harvesting

Source: Shift ONE on behalf of John Deere Africa Middle East (AME)

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Nog reën verwag vir einde Maart/April

Lindsay Africa: Zimmatic brings the Internet to your farm