in

NWK dra fondse by ná reeks plaasaanvalle in Noordwes

doringdraad

NWK van Lichtenburg het vandag ʼn kontantbedrag van R25 000 beskikbaar gestel ter ondersteuning van Agri NW se landelike veiligheidsinisiatiewe in die Noordwes-provinsie. Dit volg na altesaam vyf boere in die afgelope drie maande weens plaasaanvalle in Noordwes gesterf het.

“Name soos BC Greyling (Sannieshof), Hanno Steyn (Lichtenburg), Patrick Itumeng (Vryburg), Elsa Erasmus (Schweizer-Reneke) of Dries Botha (Brits) kan moontlik vir die breë publiek nie spesifieke betekenis hê nie, maar vir ons in landbou is dit die name van boere, eggenote of iemand se ma, pa, buurman of werkgewer wat in die bestek van die afgelope 12 weke koelbloedig in die Noordwes vermoor is.” Só het Heinrich Krüger, voorsitter van NWK, gesê in reaksie op die nuus van Dries Botha (58) wat gister aan skietwonde beswyk het na hy verlede Dinsdag op sy plaas buite Brits oorval is.

Volgens Boeta du Toit, uitvoerende hoofbestuurder van Agri NW, sal die skenking deur NWK direk aangewend word vir landelike veiligheidsinisiatiewe en in belang van boere in die Noordwes.

NWK is sedert 2008 aktief betrokke by fondsinsamelingsaksies ten bate van die Agri Securitas Trustfonds. Laasgenoemde trust is deel van die Agri SA groep en beywer hom vir die bevordering van landelike veiligheid dwarsoor Suid-Afrika. NWK is ondermeer as borg betrokke by ʼn jaarlikse fondswerwingsgeleentheid tydens die Agri SA jaarkongres asook ʼn gholfdag ten bate van die trustfonds. Dié gholfdag word weer in Oktober vanjaar op Parys aangebied.

Bron: NWK

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Trekker- en stroperverkope is hoër as ‘n jaar gelede

Ford

Ford Ranger bly aan die voorpunt