in ,

Nuwe wapen vir die boer: Closer™ knikker skadelike insekte uit

Dit is nie grappies om ’n nuwe insekdoder te registreer nie. Die wye verskeidenheid faktore, soos effektiwiteitsproewe in verskillende omgewingsomstandighede en toetse oor die uitwerking van die middel op die res van die ekosisteem, sorg dat ’n maatskappy en sy wetenskaplikes meer as dubbeld seker moet maak
alles werk reg.

Daarna moet die groot aantal partye en beheerliggame wat goedkeuring moet gee ook tevrede gestel word.

So ’n proses kan maklik in ’n dekade se rigting strek, soos wat die geval met die registrasie van Dow AgroSciences se Closer™ 240SC was. Gelukkig het hierdie reuse-maatskappy navorsing- en ontwikkelingsfasiliteite en vervaardigingsaanlegte in 40 lande wat almal kon saamwerk om hierdie belangrike doel tot voordeel van die boer en van landbou te bereik.

Uiteindelik kon Dow AgroSciences nou weer bewys dat hulle steeds as een van die wêreld se voorste landbouchemiese maatskappye gereken moet word. Met die bekendstelling van die amptelik geregistreerde Closer™ 240SC is boere verseker dat hulle oeste baie veiliger kan wees.

’n Spoggeleentheid, waarheen alle belanghebbendes genooi is, is by die Cavalli-wynlandgoed buite Stellenbosch aangebied en ProAgri was ook daar om meer inligting oor die produk te kry.

Closer™ se aktiewe bestanddeel is Isoclast™ wat in 2014 ’n AGROW-toekenning losgeslaan het as die beste nuwe gewasbeskermingsproduk. Isoclast™ gebruik ’n rewolusionêre meganisme om weerstand onder plaaginsekte te verhoed. Die dae waar insekte met ’n verhoogde metabolisme ’n doder kan vryspring is verby.

’n Wye verskeidenheid sapsuiende insekte soos witluise, bladspringers, plantluise en stinkluise sal in enige van hulle lewenstadia hulle moses teëkom wanneer hulle in aanraking met Closer™ kom of dit inneem. Die middel se piekdoodmaaktyd is tussen twee en drie dae na aanwending en plantluise word selfs binne ’n paar uur vankant gemaak.

Dow AgroSciences se wetenskaplikes het aan ’n paar vernuftige maniere gedink om doodseker te maak dat ’n insek geen wegkomkans het nie:

  • Die sistemiese eienskap van die middel veroorsaak dat dit deur die blaar opgeneem word sodat dit die insek met inname dadelik dood.
  • Die translaminêre eienskap veroorsaak dat die middel oor die oppervlak van die blare versprei word sodat die insek met aanraking ook gedood word.
  • Die residuele werking en die besondere bestandheid teen reën en UV-strale veroorsaak dat die middel lank na toediening steeds doeltreffend is. CloserTM is ook in water van verskeie ph-vlakke suspendeerbaar om seker te maak dat dit steeds stabiel bly, selfs al verander die eienskappe van die suspensiemiddel.

Onsuiwer water is egter uiters ongewens: Wat nie goed is vir ’n boer se spuit nie, is ook nie goed vir Closer™ nie.

Dow AgroSciences kan ook spog dat Closer™ se invloed op die res van die landbou-ekosisteem minimaal is. Voordelige en roofinsekte is veilig. Ons hoef dus nie te vrees vir ’n sekondêre uitbraak (reperkussie) nie, omdat Closer™ nie die natuurlike vyande van die plaaginsekte uitwis nie. Verder is visse, voëls, soogdiere en mense veilig tydens en na die gebruik van Closer™.

Dow AgroSciences beveel afwisseling van Closer™ met ander produkte aan, want insekdoderweerstand bly ’n risiko en afwisseling dra daartoe by om dit te verhoed en te bekamp.

Die registrasie van Closer™ vir insekbeheer by aartappels, steenvrugte en sitrus is reeds afgehandel en registrasies vir wyn- en tafeldruiwe, appels, pere en ’n aantal groentesoorte word ingewag.

As jy daarop wil fokus om jou gewasse met n doelgemaakte Dow-produk teen plae en siektes  te beveilig, skakel Johan Janse van Rensburg by 021-872-1751 of stuur aan hom n e-pos na JanseVanRensburg@dow.com.

Closer™ 240SC se groot dag het uiteindelik aangebreek en groente- en vrugteboere sal hierdie insekdoder binnekort onmisbaar vind.
Closer™ 240SC se groot dag het uiteindelik aangebreek en groente- en vrugteboere sal hierdie insekdoder binnekort onmisbaar vind.

Johan Janse van Rensburg, bemar-kingsbestuurder van Dow AgroSciences, verduidelik die uitsonderlike eienskappe van Closer™ 240SC aan boere en handelaars tydens die bekendstelling van die produk.
Johan Janse van Rensburg, bemar-kingsbestuurder van Dow AgroSciences, verduidelik die uitsonderlike eienskappe van Closer™ 240SC aan boere en handelaars tydens die bekendstelling van die produk.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Doen dit self: Boer bou beter planter

Mielies: Plant jou eie sukses met Monsanto