in

Nuwe-leiers-vir-TLU-SA

Mnr Louis Meintjes (regs) van die Cullinan-omgewing is op TLU SA se jaarkongres as nuwe president verkies nadat die vorige president, mnr Ben Marais aangedui het dat hy weens gesondheidsredes nie meer beskikbaar is nie. Die nuwe adjunk-president is mnr Henry Geldenhuys wat voorsitter van die Oos-streek is.

Op die kongres is die land se balansstaat bespreek met die vraag of landbou ‘n bate of las is. Spreker na spreker het bevestig dat geen land sonder sy kommersiële landbousektor kan oorleef en groei nie.

Daar is van verskeie oorde kommer uitgespreek oor die regering se houding teenoor kommersiële boere en die feit dat besluite eerder op ideologie as praktyk gegrond is.

Mnr Meintjes het in sy opsomming van die kongres gesê dit is duidelik dat die landbousektor vir die land en regering ‘n bate is, maar ongelukkig is die regering die landbousektor se grootste las.


ProAgri, wat ook ‘n mediaborg van die kongres was, het by die geleentheid ‘n trekking gehou vir ‘n handmielieplanter wat deur Michris Janse van Rensburg van Backsaver Equipment geskenk is. Die gelukkige wenner van die planter is Izelle Jacobs van Dendron(regs). Sy ontvang haar planter van ProAgri se redakteur, Annemarie Joubert. Lees in die September-uitgawe meer oor die planter en ander slim ontwerpe van Michris Janse van Rensburg.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Verrig-twee-reuse-take-met-die-Orion-130TH-PRO-sleepwa/misstrooier

Só het Oupa-hulle geboer: Die brei en looi van velle (IX)